Die Kruis - ’n Titaniese Besluit!

Die Kruis - ’n Titaniese Besluit!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van GOD.”

 (1 Kor. 1:18). 

“As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.”  (Rom. 10:9) 

Ons beweeg weer eens nader aan die tyd van die jaar waarin ons die Kruisiging en Opstanding van ons HERE, Jesus Christus, herdenk word. Net soos Kersfees kom en gaan dit in baie mense se lewe asof dit net oor vakansie en ontspanning gaan. Tog moet ek en jy besef dat Paastyd vir ons voor die belangrikste besluit van ons lewe bring. Kom ek verduidelik dit met ’n voorbeeld....

Op 15 April 1912 het die RMS Titanic in die yskoue water van die Noord Atlantiese see teen ’n ysberg gebots en gesink. Op daardie sogenaamde “onsinkbare” boot was baie verskillende mense” die baie rykes, suksesvolle sakemanne (en hulle “belangrike” vroue) saam met mense wat skaars ’n bestaan kon maak – maar op die Titanic moes hulle wees! Daar was geleerdes en mense met geen opvoeding nie – en vir die meeste sou dit hulle eerste en laaste bootvaart wees.

Meer as 1500 het verdrink en verkluim. Die wat dit gemaak het, was minder as 800. Ten spyte van alles wat die reisigers van mekaar onderskei het – geld, status, geleerdheid en belangrikheid, was daar op die strand net twee groepe name: GERED en VERLORE. Op die einde was dit al wat getel het.

Hier op GOD se planeet, Aarde, is daar ook nou ’n groot Titaniese Bootvaart – met baie verskillende mense op pad na die eindbestemming van die Dag van Oordeel. (Mat. 12:36; Rom. 2:5; Heb. 10:25; 1 Joh. 4:7) Jy mag dalk nie só dink nie  maar hierdie Titaniese boot waarop ons is, gaan sink!

Daardie dag wanneer die name van GOD se kinders op die poorte van die Hemel geskrywe word, gaan daar nie gevra word wat het jy verdien, waar het jy gebly, of watter kerk jy besoek het nie – NEE! Die enigste maatstaf gaan wees of jy Jesus met jou mond bely het en met jou hart glo dat Hy jou gered het. (Rom 10:9) Daar gaan net twee groepe wees: GERED en VERLORE. Op watter lys gaan jou naam verskyn, my vriend?

Jy staan voor ’n Titaniese Besluit. GOD wil nie hê dat enige iemand verlore gaan nie. (2 Pet. 3:9)

Hy wil hê dat jy jou moet bekeer. Hy het ALLES gedoen om jou te red – Hy het Sy eie Seun laat sterf vir jou sondes. Het jy jou hart heeltemal aan Hom gegee? Doen dit nou my vriend, die ysberg kom vinnig nader! Op die wal staan die HERE Jesus, want Hy wil jou naam opskryf! 

Die Kruis - ’n Titaniese Besluit!

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles