Rolbalnuus (10 March 2016)

Rolbalnuus (10 March 2016)

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Op Saterdag 12 Maart 2016 het 14 spanne van drie spelers elk by Franskraal Rolbalklub aangemeld om aan ʼn geslote driespel toernooi deel te neem.  Warwick Wealth was die borg van die toernooi op voorwaarde dat die totale borgskap aangewend word tot die voordeel van die lede.  Dit het beteken dat die koste koffie/tee en beskuit voor spel, toebroodjies tydens teetyd en ʼn goeie middagete gratis aan die lede voorgesit kon word.  Die etes is deur Gansbaai Superspar teen ʼn baie billike prys voorsien en afgelewer.

Om sake interessanter te maak is daar volgens die 4-3-2-1- manier van telling hou, gespeel wat verbasend goeie resultate opgelewer het.  Dit beteken dat die bal wat naaste aan die witte lê. 4 punte tel en so voorts, met die vierde bal wat 1 punt tel.

Na die ietwat gure weer van die vorige twee dae was Saterdag ʼn perfekte dag vir rolbal speel.  Nogmaals dankie aan Warwick Wealth, Gansbaai Superspar en lede van die klub wat die dag moontlik en ʼn groot sukses gemaak het.

Die wenners was Gideon Pienaar, Brian Yarwood (van die borge) en Johan Fick in die eerste plek, gevolg deur Marius de Wit, Fred Rossouw en Roelof tweede en Mike Puttick, Victor Breach en Janetta van Niekerk derde.

Pieter Conradie, President

Rolbalnuus (10 March 2016)

Pieter Conradie

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles