Alissa Coetzee is aangewys as Semi-Finalis van die Mej Tiener Statebond SA 2016 Kompetisie. Sy is die dogter van André en Adelle Coetzee. Die "Grand Finale" vind plaas in Julie. Die Kompetisie gee die meisies die geleentheid om hul leierskapeienskappe, modelering en openbare optredes uit te bou. Wat baie belangrik is, is dat die deelnemers die geleentheid moet gebruik om 'n verskil in hul gemeenskappe te maak. Dit is die derde jaar dat dit aangebied word en die hoofprys is R15000.
Alissa (16) is 'n leerder by Hoërskool Hermanus en sy het 'n passie om met mense te werk. "Dit is 'n groot geleentheid om mense te inspireer en 'n rolmodel vir ander jongmense te word." Sy het die Butterfly Centre in Stanford gekies as haar liefdadigheidsprojek. Daar wil sy 'n verskil maak vir leergestremde leerlinge en die geleentheid gebruik om die wonderlike werk wat daar gedoen word aan die publiek uit te dra.
Francois de Jongh