Jack Russell en Fisantkuiken

Jack Russell en Fisantkuiken

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Elize van Deventer van Buitesteen Pub & Grill se Jack Russell teef, Daizy, het besluit die kuiken van ‘n Kaapse Fisant is in haar geval nie vir ‘n ete bedoel nie, maar om te beskerm en groot te maak. “’n Vriendin van my het die afgedwaalde fisantkuiken vir my gebring,” vertel Elize. “Tot my grootste verbasing het my Jack Russell hondjie die kuiken summier aangeneem en dadelik ‘n beskermde houding teenoor die kuiken ingeneem.”

Die kuiken het beslis ook nie op hom of haar laat wag nie en snoesig teen haar nuwe “ma” vasgedruk en elke oomblik se aandag terdeë geniet. Maar kuiken-se-kind groei en Elize woon in ‘n woonstel en derhalwe het die groot afskeid mettertyd aangebreek en moes sy die fisant laat gaan. “Toe ek onlangs by dr Lisel Trolloppe, ons veearts se spreekkamer was, was daar diere- en voëlplakkate opgeplak waar Daizy staan en tjank het toe sy dit sien,” vertel Elize. Nog ‘n werknemer van Buitesteen Pub & Grill, Stella Olivier van De Kelders, vertel van ‘n posduif wat onverwags by haar woning opgedaag het. “Ek het aanvaar dit is ‘n posduif, aangesien die duif met ‘n rooi bandjie met ‘n ZA-nommer gering was,” vertel Stella. “Ek het my bes probeer, maar kon nie die nommer lees nie en die duif het weer gevlieg en ek het net gewonder of dit veilig by sy eienaar se huis aangekom het.” Corinne Swart van Gansbaai Posduifklub het op navraag gesê die duif kan dalk aan ‘n nuwe lid vanaf Bloemfontein behoort en is moontlik op pad terug daarheen.”

Gereelde uitsonderlike diere-verhale doen soms die rondte en lesers kan gerus sodanige verhale, ingesluit foto’s waar van toepassing, aan hardus@maxitec.co.za stuur om dit met ander lesers te deel, of skakel 082-786-0494.   

Hardus Botha

Jack Russell en Fisantkuiken

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles