In Januarie 2006 het Petrus du Preez besluit – nadat hy by Sanlam uitgetree het en ‘n ruk Walkerbaai Makelaars saam met sy vrou, Jean bedryf het, om dié besigheid aan Boland Makelaars te verkoop.
Hy het toe ‘n tak vir Pam Golding Eiendomme in Gansbaai ge-open en later op sy eie saam met ‘n vennoot Walker Baai Eiendomme begin. Sy aandeel in die besigheid het hy later aan Aida Eiendomme verkoop. Nadat Petrus as agent by dié firma gewerk het, is hy deur ‘n prokureursfirma genader om vir hulle ‘n eiendomstak in Gansbaai te begin.
Die onderneming wou net nie so goed soos hy graag sou wou presteer nie en het Petrus besluit om op sy eie met Petrus Eiendomme in die die Pearly Beach area, waar hy al die tyd woon, toe te spits.
Met die onderneming se 10de verjaarsdag kan teruggekyk word na ‘n periode waartydens die jong agentskap 119 eiendomme met ‘n totale waarde van ± R80 miljoen in Pearly Beach verkoop het. Danie van Wyk, ‘n praktiserende prokureur het by die suksesvolle agentskap aangesluit as regsadviseur en sy vroutjie Karien sal verhuring vir die agentskap hanteer, sowel as help met bemarking. Daar is ook geskiedenis in die gebied gemaak deur die eerste voorheen benadeelde, Cecil Martins, wat die afgelope 38 jaar in Pearly Beach woon, by die eiendomsraad te registreer as skouhuis organiseerder en leerling agent.
Hiermee nooi ons alle bestaande en lojale kliënte en voornemende kliënte uit om ons gerus te skakel om van ons dienste gebruik te maak. Sonder julle ondersteuning sou die besigheid nie so suksesvol kon wees nie.
Ons sien uit na nog baie jare se suksesvolle besigheid en nooi almal uit om met ons te skakel vir enige navrae wat betref u behoeftes betreffende u eiendom wat waardasies, verkope, koop en verhuring van u eiendom betref.