Petrus Eiendomme Vier 10de Verjaarsdag

Petrus Eiendomme Vier 10de Verjaarsdag

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

In Januarie 2006 het Petrus du Preez besluit – nadat hy by Sanlam uitgetree het en ‘n ruk Walkerbaai Makelaars  saam met sy vrou, Jean bedryf het, om dié besigheid aan Boland Makelaars te verkoop.

Hy  het toe ‘n tak vir Pam Golding Eiendomme in Gansbaai ge-open en later op sy eie saam met ‘n vennoot Walker Baai Eiendomme begin.  Sy aandeel in die besigheid het  hy later aan Aida Eiendomme verkoop. Nadat Petrus as agent by dié firma  gewerk het, is hy deur ‘n prokureursfirma genader om vir hulle ‘n eiendomstak in Gansbaai te begin.

Die onderneming wou net nie so goed soos hy graag sou  wou presteer nie en het Petrus besluit om op sy eie met Petrus Eiendomme in die die Pearly Beach area, waar hy al die tyd woon, toe te spits.

Met die onderneming se 10de verjaarsdag kan teruggekyk word na ‘n periode waartydens die jong agentskap 119 eiendomme met ‘n totale waarde van ± R80 miljoen in Pearly Beach verkoop  het.  Danie van Wyk, ‘n praktiserende prokureur het by die suksesvolle agentskap aangesluit as regsadviseur en sy vroutjie Karien sal verhuring vir die agentskap hanteer, sowel as help met bemarking. Daar is ook geskiedenis in die gebied gemaak deur die eerste voorheen benadeelde, Cecil Martins, wat die afgelope 38 jaar in Pearly Beach woon,  by die eiendomsraad te registreer as skouhuis  organiseerder en leerling agent.  

Hiermee nooi ons alle bestaande en lojale kliënte  en voornemende kliënte uit om ons gerus te skakel om van ons dienste gebruik te maak. Sonder julle ondersteuning sou die besigheid nie so suksesvol kon wees nie.

Ons sien uit  na nog baie jare se suksesvolle besigheid en  nooi almal uit om met ons te skakel vir enige navrae wat betref u behoeftes betreffende u eiendom wat waardasies, verkope, koop  en verhuring van u eiendom betref.

Petrus Eiendomme Vier 10de Verjaarsdag

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles