Die jukskei opedag op die 12de Maart se groot sukses was te danke aan die volgende spanne se ondersteuning: Worcester (2), L’Agulhas (2), Visarende (2), Robertson (1) en saamgestelde spanne Broodkrummels en die Ganse.
Uitslae vir die dag: Eerste Afdeling
1ste Worcester
2de L’Agulhas
3de Gansbaai
Tweede Afdeling
1ste L’Agulhas, 2de Worcester & Robertson
Ons bedank die volgende vir hul bydrae tot die dag: Super Spar, OK Foods, Gansbaai Drankwinkel, Franskraal Minimarket, asook Bertie Ramsauer en die Munisipaliteit vir hul bystand.
By die prysuitdeling verlede Saterdag is Toeks Moore van Gansbaai vereer vir haar uitmuntende spel & besondere toewyding en diens aan die sport – haar naam sal voortaan pryk op die ererol van die Overbergdistrik Jukskei Federasie. Gansbaai is ook die wenners van die A Afdeling Liga.
Jukskei groete,
Toeks Moore