Butter Créme geopen

Butter Créme geopen

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Butter Créme Bakery  se  amptelike  opening  op  Saterdag,  26 Maart 2016 is die verwesentliking van ‘n langverwagte droom vir Tess du Toit van ‘n eie besigheid. Tess het ‘n tyd gelede saam met haar verloofde, Jacques van Heerden van die Kaap af na Gansbaai verhuis met die doel om die besigheid in vennootskap met haar vriendin, Magda Niemand van Danger Point van die grond af te kry. Butter Créme Bakery is gesetel in die gebou te Kerkstraat 42, waar Marie Reid haar bekende Marie's Boutique, Art & Beauty Shop bedryf het. Marie het besluit dit is tyd om rustiger te raak en het ‘n ooreenkoms met die twee dames aangegaan om hulle besigheid in haar winkel te vestig.

Die boutique klere wat Marie daar verkoop het, is nie meer beskikbaar nie, maar wel die oorspronklike kunswerke en ‘n skoonheidsalon wat deur Phylis Makwamba, ‘n knap skoonheidskundige, bedryf word. Naas koeke, koekversierings en koekversieringskursususse wat later gaan bykom, asook ander gebak deur die twee dames, is Tess se spesialiteit ‘n verskeidenheid van brode (Duitse) wat onder andere insluit: “rye, gluten free and banting breads”. Veral gastehuise kan sekerlik nie verkeerd gaan met hierdie brode nie, waarvan sommige brode uniek is. Etlike mense sal vir Tess onthou as die aanbieder van ‘n Suikerkunskursus en later ‘n gevorderde Botterversiersuiker- en Koekversieringskursus in 2015 hier in Gansbaai.

Vir navrae rakende die twee goed gemotiveerde dames se Butter Créme Bakery kan 072-955-9006 of 083-398-9115 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan tjdutoit@gmail.com. Die netjies-ingerigte winkel kan ook te Kerkstraat 42 besoek word.

Hardus Botha

Butter Créme geopen

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles