Academia Sportdag

Academia Sportdag

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Academia het weer eens op 12 Maart geskiedenis gemaak met ‘n winterkode interhuis sportdag. Die drie huise het teen mekaar gekompeteer in netbal, hokkie, sokker en rugby. Die Maroon-span het skoonskip gemaak in die rugby, netbal en hokkie en die Goud-span het die sokker gewen. Die algehele wenner van die dag was die Maroon-span.

‘n Paar leerders wat aangewys was as seun en dogter van die wedstryd was Wyzelle Philander (O/14 rugby), Merchin Fick (O/15 rugby), Chrizano Puff (O/16 rugby), Delon Dreyer (O/19 rugby), Willene Dreyer (O/14 netbal), Casey Booysen (O/15 netbal), Bianca Kruger (O/16 netbal), Akholewe Ziykwana (O/19 netbal), Sibosiso Gelem (O/15 sokker), Tanita Apolisi (O/15 sokker), Asiphe Klaas (O/19 hokkie) en Eugene Jacobs (O/19 hokkie). Die dag het ook sommer gedien as proewe om die beste spanne te kies vir die seisoen wat voorlê. 

Die groot hoogtepunte van die dag was die wedstryde teen Eben Dönges wat al die pad van Kraaifontein gekom het. Die onder 19 meisies netbal het behoorlik gekook en die span het behoorlik oor hul oponente geloop met ‘n eindtelling van 23 – 0. Die dogter van die wedstryd was Akholiwe Ziykwana. Die onder 15 rugby span het hul wedstryd 17 – 12 gewen en die seun van die wedstryd was Adam Mitchell. Die groot kanonne, onder 19 rugbyspan, het hul wedstryd 32 – 7 gewen. Drië is gedruk deur Christiaan van Dyk, Roberto-Baso Lottering, Eacwinn Rossouw, Victor Abrahams, Nardie Groenewald en Alexander Goss. Die seun van die wedstryd was Dumisa Matlwa. 

Hierdie suksesvolle dag sal beslis volgende jaar weer op die kalender wees. Academia vat Eben Dönges weer aan met die groot byeenkoms in Kraaifontein die 23e April.

Liezel Mostert

Academia Sportdag

Liezel Mostert

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles