Stop! Die Feestyd is nie verby nie!

Stop! Die Feestyd is nie verby nie!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Terwyl hulle so gesels en gedagtes wissel, het Jesus self nader gekom en met hulle saamgeloop, maar hulle oë is verhinder om Hom te herken.”  (Luk 24:15,16)

Weet jy wat het ek die afgelope Sondag, Paassondag, die dag waarop die HERE uit die graf opgestaan het, gesien? Ja, ek het die mense gesien wat in die kerk was. Baie het gekom om saam met mede-christene fees te vier. Watter fees is dit nie om te weet dat Jesus die dood oorwin het nie! JESUS HET WAARLIK OPGESTAAN!

Ek het ook duidelik agtergekom dat daar honderde motors voor die winkels geparkeer was. Dit het gelyk asof dit die einde van die wêreld was soos die mense gekoop het. Maar wat ek die meeste agtergekom het, was hoeveel motors deur die dag op  pad terug was na hulle huise in die Kaap of waar ook al. Dit het soos die uittog uit Egipte gelyk. Vir baie was die Paasvakansie verby. Baie wou seker voor die groot verkeer op Maandag by die huis kom. Wag eers! Stop! Is die Feestyd regtig verby? Breek die ware Feestyd nie nou eers vir ons as Christene aan nie?

Lees eers die gedeelte in Lukas 24:13-36  oor wat gebeur het daardie Sondagmiddag nadat Jesus opgestaan het uit die graf met die twee manne wat op pad was van Jerusalem na Emmaus. Hulle was verward en het nie verstaan wat gebeur het nie. Hulle het net gehoor dat die graf oop was en dat engele aan mense verskyn het. Hulle het tog só gehoop dat Jesus die een sou wees wat Israel sou verlos (24:21). Selfs toe Jesus langs hulle stap het hulle Hom nie herken nie. Al verduidelik Jesus vir hulle wat eintlik in die Skrif staan, het hulle nog nie verstaan nie. Eers toe hulle saam met Hom eet en Jesus die brood breek – toe het hulle oë oopgegaan! Ons lees dat hulle dadelik na Jerusalem gegaan het – al was dit twaalf kilometer vêr in die nag! Dis tyd vir feesvier! JESUS HET WAARLIK OPGESTAAN!

Die Paasvakansie mag verby wees vir baie mense. Die  lewe gaan normaal voort. Maar vir jou en my as Christene is dit nou die ware Feestyd! Die opgestane Jesus stap elke dag, elke oomblik saam met ons. Hy gesels deur die Heilige Gees en die Woord met ons oor al GOD se wonderdade. Hy wil ook saam met ons gemeenskap hou – die brood vir ons breek sodat ons harte brandend kan word oor Sy liefde. (Luk. 24:32) Soos Maria Magdalena wil ons by Sy voete neerval en Hom ons Leermeester noem (Joh. 20:16). Soos Sy dissipels kry ons ook die opdrag om uit te gaan en vir almal te vertel van Jesus se opstanding en verlossing. (Mat. 28:19,20). Die gevaar van te-besig-wees met wêreldse dinge is dat ons die ware vrede en vreugde van Jesus se Opstanding vergeet. Dink asseblief meer en meer oor wat Jesus regtig vir jou gedoen het – want: JESUS HET WAARLIK OPGESTAAN!

Stop! Die Feestyd is nie verby nie!

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles