Gansbaai Krieketklub het die afgelope Sondag sy onoorwonne status behou deur Kleinmond Krieketklub tuis met 97 lopies te wen.
Gansbaai Krieketklub het eerste gekolf en 160/5 in 20 boulbeurte aangeteken. Gurshwin Davids het 76 lopies (3x4)(8x6) en Driaan Kriel 23 lopies (1x4)(2x6) aangeteken. Kleinmond Krieketklub het toe gaan kolf en kon nie die akkurate boulwerk van Gansbaai se boulers baas raak nie. Kleinmond Krieketklub was almal uit vir 64/10 na 16.5 boulbeurte.
Gansbaai se beste boulers was Driaan Kriel (4-0-9-3), Jonathan Doyle (2-0-6-2), Corrie Avenant (3-1-5-1), Juan Havenga (1-0-5-1) en Johan Beets (1-0-7-1). Corrie het ook ‘n kolwer uitgehardloop met ‘n direkte ingooi vanaf die grens. Laaste wil die klub net vir Driaan Kriel sterkte toewens met sy werk in Amerika.
Gansbaai se volgende wedstryd is op Sondag 03 Apr tuis teen Stanford Krieketklub. Sportiewe groete, Heinrich Vermeulen