Afrikaans-Vriendelik-Projek

Afrikaans-Vriendelik-Projek

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

AfriForum het op 10 Maart ‘n nuwe projek, Afrikaans-Vriendelik, van stapel gestuur wat Afrikaans in die sakewêreld bevorder deur erkenning en gratis bemarking aan Afrikaanse ondernemings en diensverskaffers te gee. Die projek behels die voortdurende uitbou van ‘n databasis van ondernemings wat in Afrikaans diens lewer. Deur ‘n webwerf kan enige lid van die publiek toegang tot die databasis verkry wanneer hulle na Afrikaanse dienste of produkte op soek is, of ondernemings wat Afrikaans bevorder, vir insluiting wil nomineer. Die webwerf gradeer die besighede op grond van al die wyses waarop hulle Afrikaans gebruik en uitbou.

Waldimar Pelser, redakteur van Rapport en aanbieder van die nuus-aktualiteitsprogram Insig op KykNet, Dawie Roodt, direkteur en hoofekonoom van die Efficient Groep en aanbieder van Ontbytsake, asook Henk Schalekamp, voorsitter en direkteur van verskeie maatskappye in die Solidariteit Beweging, sal as sprekers by die geleentheid optree.

“Sowat 30% van die Suid-Afrikaanse sakewêreld is Afrikaans. Ons wil vir daardie 30% ‘n platform skep waar hulle gemaklik kan kommunikeer met hulle kliënte in die taal wat hul almal die beste verstaan en waarin hulle hulself die duidelikste kan uitdruk. Besighede in ‘n gemeenskap se moedertaal skep werksgeleenthede, stimuleer ‘n leerkultuur en bemagtig die moedertaalsprekers,” het Sanderien van der Walt, koördineerder van AfriForum se Afrikaans-Vriendelik-Projek, gesê.

Afrikaans-Vriendelik is nie net vir 100% Afrikaanse ondernemings nie, maar vir almal wat hulle dienste of produkte in Afrikaans aanbied. Dié platform is nie net tot voordeel van verbruikers en ondernemings regoor Suid-Afrika nie, maar tot voordeel van Afrikaans.

Navrae kan gerig word aan Sanderien van der Walt by 082-491-5277, of stuur ‘n e-pos aan haar by sanderien@afriforum.co.za.

Sanderien van der Walt, Koördineerder: Afrikaans-Vriendelik

Afrikaans-Vriendelik-Projek

Sanderien van der Walt

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles