Te oordeel aan die uitslae van Pearly Beach Rots- en Strandhengelklub tydens hulle Maart-kompetisie, het die hengelaars beslis die lyne styf gehou, of was dit die vis?
Hannes Smuts wen die Maart-kompetisie met swaarste sak (16.25kg) en swaarste vis (Kabeljou - 7.9kg), wat aan hom die eerste plek besorg. Riaan Steyn eindig 2de met 5 Kabeljoue, Mo van Tonder 3de, Johan de Kock 4de, Bernard Groenewald 5de, Ferdi Joubert 6de, Kingsley Green 7de, Mario van der Westhuizen 8ste, Robert Pace 9de en Francois Munnik 10de. Robert Pace wen ook die Seniorskompetisie, met Lea Nortje wat die Dameskompetisie wen en Ethan Muller die Juniorskompetisie. “Van die 70 deelnemers het net 26 hengelaars ingeweeg, met 54 visse met ‘n totale gewig van 100.14kg,” sê voorsitter Philip Fourie.
“Ons volgende kompetisie is ons groot jaarlikse Interklub Kompetisie en sal op Saterdag, 16 April 2016 plaasvind,” sê Philip. “Gedurende hierdie kompetisie hengel ons teen verskeie ander klubs.” Hy bedank graag die klub se getroue ondersteuners en gereelde borge.
Vir navrae kan Philip Fourie by 076-069-6815 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan hom by fouriephilip2@gmail.com.
Hardus Botha