BARC baat by KLEINGELD

BARC baat by KLEINGELD

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Behalwe vir kleingeld in BARC se skudblikkies, het Sakkie van der Merwe, eienaar van Kleinbaai Superette & Drankwinkel, bewys dat vriendelike kliënte se kleingeld oor ‘n tydjie vir “groter” geld kan sorg.

Nadat BARC-blikkies in die winkel aanleiding tot diefstal gegee het, het Sakkie sy kliënte ingelig dat hy ‘n banksak het vir diegene wat hulle kleingeld aan BARC wil skenk. “My pa se kliënte was positief oor die gedagte en die geld het soveel begin word dat ons ‘n behoorlike houer aangeskaf het,” vertel Sakkie se dogter, Angelique. “Aangesien my pa ‘n groot kliënt van Makro is, het hy besluit om die opgehoopte geld vir dierekos-aankope te gebruik eerder as om kontant aan BARC te oorhandig.” Die bul is by die horings gepak en op Woensdag, 30 Maart 2016 het Angelique ‘n mooi hoeveelheid blikkies-kos aan Nols Jonas, BARC se Veldwagter oorhandig - alles aangekoop met getroue kliënte se kleingeld.

‘n Tyd gelede het Sakkie sy idee met kleingeld aan Gansbaai Courant verduidelik en bygevoeg dat hy ander besighede uitdaag om dieselfde te doen. “Kliënte het bewys hulle skenk hul kleingeld met liefde aan BARC, maar dit is goed om hulle in te lig wat met hul kleingeld gaan gebeur,” het Sakkie gesê.

Kleinbaai Superette & Drankwinkel se kliënte kan met hierdie berig en foto duidelik sien wat van hul kleingeld geword het. “Hoe groot of klein, ons het altyd groot waardering vir enige vorm van skenkings aan BARC,” het Nols tydens die oorhandiging van die blikkieskos gesê. Sakkie se kliënte kan nou rustig slaap oor hulle kleingeld - dit is vir ‘n broodnodige en goeie doel aangewend.

Dit is so dat BARC voortdurend van donasies en/of fondsinsamelings-projekte afhanklik is vir hulle voortbestaan en vir oorhoofse bedryskostes.

Vir navrae en/of skenkings/donasies, ook aan BARC se tweedehandse winkel, kan Annalie Jonker by 082-826-0631 geskakel word en vir diereprobleme en/of die aanneem van diere Nols Jonas (Veldwerker) by 083-742-3903.

Hardus Botha

BARC baat by KLEINGELD

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles