Academia se Liezel groet

Academia se Liezel groet

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Liezel Moster van Gansbaai Academia het ‘n pos as Departementshoof by Parow Hoërskool met ingang van die nuwe kwartaal gekry en het reeds op Donderdag, 31 Maart 2016 na Parow verhuis. “Dit het maar dol gegaan met my, maar ek is nou sak en pak in die Kaap en my nuwe blyplekkie is reeds ingerig,” het Liezel laat weet. “Ek is as Departementshoof aangestel en gaan Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid aanbied.”

Liezel is in Pietersburg gebore, maar het later saam met haar ouers na Kuilsrivier getrek waar sy aan die De Kuilen Hoërskool in Kuilsrivier matrikuleer. Haar moeder, Heilie Mostert is steeds in Pearly Beach waar sy in beheer van Pearly Beach se Herbarium is. Daarna is sy na Boland Onderwyskollege in Wellingon waar sy na 4 jaar haar Hoër Onderwys Diploma verwerf, met Wiskunde en Klasmusiek as hoofvakke. Haar eerste onderwyspos was by De Grendel Hoërskool in Milnerton. Ná 10 jaar daar verruil Liezel haar onderwysloopbaan vir die daaropvolgende 4 jaar vir die gasvryheids-bedryf. Eers werk sy vir 3 jaar by ‘n gastehuis in Groenpunt en daarna vir bykans ‘n jaar by Saxenburg Wynplaas.

“Daarna is ek terug onderwys toe waar ek vir 3 jaar by Jan Krielskool in Kuilsrivier onderwys gee.” In 2009 kry sy ‘n departementele pos by Laerskool Die Bron in Stanford en verhuis na Gansbaai. “Aan die einde van 2009 word ek na Gansbaai se ‘nuwe’ skool, Gansbaai Academia oorgeplaas waar ek aan die begin van 2010 as deel van die skool se eerste onderwysspan en skooljaar begin.” Daar het Liezel Wiskunde Gr 8 en 9 aangebied, asook Wiskundige Geletterdheid Gr 10 tot 12 en sy was van die begin af Gr 8 se Graadhoof. In 2012 word sy as Departementshoof aangestel. Sy was ook verantwoordelik vir kultuur, het die skoolkoor afgerig, die skoolkoerant bestuur, die argief hanteer, was die skool se fotograaf en was ook vir media dekking verantwoordelik. Sy is lief vir fotografie, skilder en lees en is tans besig met haar B.Ed.Hons deur die Noordwes Universiteit (ou Pukke).

Hardus Botha

Academia se Liezel groet

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Are Not Your Past

You Are Not Your Past

There is no shame in the pain you carry from your past.

Life Reflects You

Life Reflects You

Not to define you…

A Wild Start to the Day: Leopard Spotted

A Wild Start to the Day: Leopard Spotted

This morning, our reserve manager received an exciting camera trap alert of a leopard sighting. 

Grootbos Foundation
200+ Youth Apply for Life-Changing Opportunities

200+ Youth Apply for Life-Changing Opportunities

This week was full of excitement as Grootbos Foundation interviewed over 200 young people...

Grootbos Foundation
Sport Changing Lives in Gansbaai

Sport Changing Lives in Gansbaai

For some, Grootbos Foundation is best known for our work in conservation and in fynbos, but for a larger part of the community...

Grootbos Foundation
200+ Youth Apply for Grootbos Skills Programmes 2026

200+ Youth Apply for Grootbos Skills Programmes 2026

This week was full of excitement as Grootbos Foundation interviewed over 200 young people...

Grootbos Foundation
See All Articles