HTS Drostdy Oudskoliere Saamtrek 6 - 8 Mei

HTS Drostdy Oudskoliere Saamtrek 6 - 8 Mei

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die grootste saamtrek nog van oudleerders – of hulle nou in 1960 hul skoolloopbaan voltooi het of verlede jaar - word vanjaar vir HTS Drostdy beplan.

Die saamtrek sal die naweek van die Classic Clashes teen Worcester Gimnasium, van 6 tot 8 Mei, gehou word.  Alle skoolsport vind plaas op HTS Drostdy se velde.

Volgens Annamarie Underhay, organiseerder, is daar heelwat oudleerders wat reeds bevestig het dat hulle kom. Maar omdat die skool soveel moontlik oudleerders daar wil hê, vra hulle dat mense die nuus versprei  selfs na ouer persone wat nie deur sosiale netwerke bereik kan word nie. “Ons wil ’n databasis vestig en oudskoliere inlig oor die verwikkelinge by die skool, maar ook oudskoliere erkennings gee vir hul nalatenskap by die skool”, sê Underhay, wat byna 15,000 name, 2,000 e-posadresse en 8,800 telefoonnommers bymekaargemaak het.

Sy sê die skool se personeel wil ook huidige leerders in kontak bring met suksesvolle sakemanne en –vroue wat deur die skool opgelei is, ondernemings bewus maak van die skool se visie en waarvoor geldinsamelings gedoen word en terselfdetyd die skool se argief uitbou … en hopenlik ou tradisies versterk en nuwes vestig.

Underhay vertel dat die ouer oudskoliere, met wie sy reeds gesels het, met groot opwinding  gereageer het en beloof het om foto’s, herinneringe en selfs ’n gesteelde ou koshuisklok saam te bring! Die gastelys sluit reeds suksesvolle sakelui en oudleerders van die uithoekke van die wêreld in. 

Die naweek se verrigtinge sal afskop Vrydag 6 Mei 07:00 met ’n gholfdag by die Worcester Gholfklub, in die vorm van ’n vierbal-samespel.  Die prysuitdeling (van sowat R20,000 se pryse) sal geskied saam met die oudskolieresaamtrek die aand, in ’n reuse markiestent op die skool se sportterein. Op dieselfde dag sal die 4x4-liefhebbers ’n dag in die buitelug kan geniet by Tierkloof.  Die inskrywingsgelde vir die dag sal aan die skool geskenk word.

Die oudskolieresaamtrek Vrydagaand om 18:00, in ’n reuse markiestent op die rugbyveld, sal na verwagting ’n swierige informele geleentheid wees vir sowat 2,000 gaste – ouers, oudleerders, personeel en vriende van Drostdy.  Hier kan gaste uitsien na ’n “Reis na gister”- geselsprogram met Jak de Priester wat beloof om baie interessanthede en staaltjies uit vervloë dae op te lewer. Daar sal ook ’n veiling en ete aangebied word.

Saterdag 7 Mei sal ’n dag van aksie wees wanneer Drostdy op sy tuisveld teen Worcester Gimnasium te staan kom. Afgesien van die eerstespanwedstryd, wat in elk geval groot getalle besoekers sal lok, sal daar ook ’n OId Boys-wedstryd wees wat volgens Underhay in ’n gemoedelike gees sal plaasvind ter ville van ’n bietjie pret.

Die skool sal ook probeer om ’n rekord op te stel deur 113 meter wors te braai (die skool is vanjaar 113 jaar oud).

Die naweek sal Sondag 8 Mei op ’n gewyde noot afgesluit word met ’n kerkdiens.

Belangstellendes sal kaartjies vir die tentfunksie, die ete en geselsprogram met Jak de Priester, ontbyt, ’n middagete-en-petkombinasie en braaipakkie vir die worsbraai op Computicket kan koop.

Enige iemand  met navrae kan Annamarie Underhay skakel by 082 337 6849 of e-pos by  -   underhay62@gmail.com

HTS Drostdy Oudskoliere Saamtrek 6 - 8 Mei

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

December's SteriThon was a winner!!

December's SteriThon was a winner!!

We are thrilled to announce that the Gansbaai SteriThon event on 11 December in Blompark was a huge success.

Fostering Animals
11 Days to Christmas: Conference Call

11 Days to Christmas: Conference Call

Arrange with the larger family to discuss responsibilities and what will be expected of every person. 

10 Days to Christmas: Learn to Breathe

10 Days to Christmas: Learn to Breathe

Most of our problems stem from reactive behaviour.

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

Sit down with your “home” family and discuss what each one of you would like to experience during the holidays.

12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration

12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration

Keeping in accordance with old traditions, the tree was decorated on the 12th day before Christmas and taken down 12 Days after Christmas.

Youth Athletics Training at Gansbaai Primary

Youth Athletics Training at Gansbaai Primary

Our sports coaches assisted with pre-season athletics training at Gansbaai Primary this week.

Grootbos Foundation
See All Articles