Lekker naweek vir Huis E

Lekker naweek vir Huis E

Gansbaai Courant

 “Met ons aankoms in Gansbaai die Vrydagaand, het ons eers bietjie verdwaal op soek na Oom Bokkie Botes se huis waar ons sou oornag,” vertel een van Herberg Kinderhuis (Huis E) in Robertson se dogters. “Gelukkig het alles goed verloop en ons het geskenkpakkies van Tannie Marie le Roux en haar dogter, asook Tannie Amelia du Toit ontvang.”

Onder bespreking is Herberg Kinderhuis te Robertson se Huis E dogters wat weer ‘n naweekkuier in Gansbaai kon geniet. Aan die spits van hierdie jaarlikse kuierreëlings staan Lukas en Stienie Geldenhuys van De Kelders en hulle word jaarliks deur Dries en Susan van Heerden van Franskraal bygestaan. Huis E se Koshuismoeder, Bettie Adams het die 9 dogters vergesel: Celeste Maree, Ella Pieterson, Fredeline Bester, Janine Olivier, Jasming he Denpers, Lee-Anne Pelceur, Nasherly Otto, Nikita Visagie en Sonja Martins. Saterdag is ‘n besoek aan die African Penguin & Seabird Sanctuary (APSS) in Kleinbaai gebring. Daarna is ‘n smaaklike ontbyt in die Great White House genuttig, klere is gekoop, De Kelders se grotte is besoek, asook 7de Laan van Coenie en Christa van Dyk.

Daarna is daar heerlik ontspan en geswem, waarna daar die aand huisgodsdiens onder leiding van ds Dennis en Pat Naidoo, asook past Jolandie Sauls gehou is. Lukas en George het vir die braaiery gesorg, met Stienie en Christelle vir die slaai. Sondag het die groep die Erediens van die NG-gemeente bygewoon, waarna hulle na Herberg-aan-See is om vir die inwoners te sing en lekkergoed uit te deel. Na verdere ontspanning en kuier en middagete was dit weer tyd om die tasse te pak en terug te keer - na nóg ‘n heerlike naweek in Gansbaai.

“Sonder ondersteuning, mense se betrokkenheid en bydraes kan hierdie jaarlikse uitstappies nie plaasvind nie,” sê Stienie. “Daarom ‘n spesiale dankie aan almal, te veel om hier op te noem, wat betrokke was.”

Hardus Botha

Lekker naweek vir Huis E

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles