Lekker naweek vir Huis E

Lekker naweek vir Huis E

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Met ons aankoms in Gansbaai die Vrydagaand, het ons eers bietjie verdwaal op soek na Oom Bokkie Botes se huis waar ons sou oornag,” vertel een van Herberg Kinderhuis (Huis E) in Robertson se dogters. “Gelukkig het alles goed verloop en ons het geskenkpakkies van Tannie Marie le Roux en haar dogter, asook Tannie Amelia du Toit ontvang.”

Onder bespreking is Herberg Kinderhuis te Robertson se Huis E dogters wat weer ‘n naweekkuier in Gansbaai kon geniet. Aan die spits van hierdie jaarlikse kuierreëlings staan Lukas en Stienie Geldenhuys van De Kelders en hulle word jaarliks deur Dries en Susan van Heerden van Franskraal bygestaan. Huis E se Koshuismoeder, Bettie Adams het die 9 dogters vergesel: Celeste Maree, Ella Pieterson, Fredeline Bester, Janine Olivier, Jasming he Denpers, Lee-Anne Pelceur, Nasherly Otto, Nikita Visagie en Sonja Martins. Saterdag is ‘n besoek aan die African Penguin & Seabird Sanctuary (APSS) in Kleinbaai gebring. Daarna is ‘n smaaklike ontbyt in die Great White House genuttig, klere is gekoop, De Kelders se grotte is besoek, asook 7de Laan van Coenie en Christa van Dyk.

Daarna is daar heerlik ontspan en geswem, waarna daar die aand huisgodsdiens onder leiding van ds Dennis en Pat Naidoo, asook past Jolandie Sauls gehou is. Lukas en George het vir die braaiery gesorg, met Stienie en Christelle vir die slaai. Sondag het die groep die Erediens van die NG-gemeente bygewoon, waarna hulle na Herberg-aan-See is om vir die inwoners te sing en lekkergoed uit te deel. Na verdere ontspanning en kuier en middagete was dit weer tyd om die tasse te pak en terug te keer - na nóg ‘n heerlike naweek in Gansbaai.

“Sonder ondersteuning, mense se betrokkenheid en bydraes kan hierdie jaarlikse uitstappies nie plaasvind nie,” sê Stienie. “Daarom ‘n spesiale dankie aan almal, te veel om hier op te noem, wat betrokke was.”

Hardus Botha

Lekker naweek vir Huis E

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles