Julle het dieselfde krag in julle as Jesus!

Julle het dieselfde krag in julle as Jesus!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het:   hoog bo elke mag en gesag, elke krag en heerskappy, en wat daar ook al sprake van mag wees, nie net in hierdie bedeling nie, maar ook in die bedeling wat kom.” (Efesiërs 1:18-21)

Kan jy nog onthou in watter tyd ons nou is? Nee, nie April, of die begin van die winter, of die aanvang van ’n nuwe skooltermyn nie of rugbyseisoen nie.

Ek praat van die tyd na Jesus se Opstanding uit die graf – Sy oorwinning oor die dood! Ja, ons as Christene vergeet baie maklik dat ons almal in dieselfde bootjie is – saam met Jesus, op pad na ons ewige Vaderhuis.

Ons mag nooit vergeet dat ons, net soos Jesus, oorwinnaars is nie. Jy is dit nou, op hierdie oomblik! Ons moet elke dag besef dat ons, deur ons geloof in Jesus Christus, ook dieselfde kragtige werking in ons lewe ervaar, net soos Jesus dit ervaar het. Dieselfde GOD wat Hom uit die dood opgewek het, het ons verseker dat die dood vir ons geen bedreiging inhou nie. (Rom. 8:31,32). Dis is immers dieselfde Heilige Gees wat jou en my tot geloof in Jesus gebring het en dit elke dag deur die Waarheid van die Woord bevestig. Glo jy dit? Weet jy dat jy ’n oorwinnaar is as jy Jesus se Naam in geloof uitroep. Al voel jy asof jy elke dag beproef word of baie swaar kry – Jy is alreeds ’n oorwinnaar! (Rom. 8:37)

Maar die belofte in GOD se Woord gaan nog verder: Jy kan nou elke aanslag op jou lewe van satan weerstaan en oorwin omdat die Heilige Gees vir jou die stryd voer. Jesus het elke moontlike mag of krag wat daar op die aarde mag bestaan reeds oorwin (Lees weer Efes. 1:18-21 hierbo)en glo daar is NIKS, ja NIKS wat jou kan skei van die liefde van GOD wat Hy vir jou het in Jesus Christus nie!  (Rom 8:37-39). As jy val in versoekings, drankmisbruik, dwelms of vuil taal – is dit omdat jy ongehoorsaam is aan Jesus wat jou klaar die oorwinning gegee het – jy het mos die wapenrusting aan wat jou bekragtig teen enige aanslag. (Efes. 6:10-18). Jy moet opstaan in die krag van Jesus en Sy sy sterkte (Efes. 6:10) en met jou mond en lewe proklameer: Ek het saam met Jesus opgestaan uit die dood! Ek leef met Sy krag in my! Ek is saam met Hom meer as ’n oorwinnaar!  

Julle het dieselfde krag in julle as Jesus!

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles