Julle het dieselfde krag in julle as Jesus!

Julle het dieselfde krag in julle as Jesus!

Gansbaai Courant

“Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het:   hoog bo elke mag en gesag, elke krag en heerskappy, en wat daar ook al sprake van mag wees, nie net in hierdie bedeling nie, maar ook in die bedeling wat kom.” (Efesiërs 1:18-21)

Kan jy nog onthou in watter tyd ons nou is? Nee, nie April, of die begin van die winter, of die aanvang van ’n nuwe skooltermyn nie of rugbyseisoen nie.

Ek praat van die tyd na Jesus se Opstanding uit die graf – Sy oorwinning oor die dood! Ja, ons as Christene vergeet baie maklik dat ons almal in dieselfde bootjie is – saam met Jesus, op pad na ons ewige Vaderhuis.

Ons mag nooit vergeet dat ons, net soos Jesus, oorwinnaars is nie. Jy is dit nou, op hierdie oomblik! Ons moet elke dag besef dat ons, deur ons geloof in Jesus Christus, ook dieselfde kragtige werking in ons lewe ervaar, net soos Jesus dit ervaar het. Dieselfde GOD wat Hom uit die dood opgewek het, het ons verseker dat die dood vir ons geen bedreiging inhou nie. (Rom. 8:31,32). Dis is immers dieselfde Heilige Gees wat jou en my tot geloof in Jesus gebring het en dit elke dag deur die Waarheid van die Woord bevestig. Glo jy dit? Weet jy dat jy ’n oorwinnaar is as jy Jesus se Naam in geloof uitroep. Al voel jy asof jy elke dag beproef word of baie swaar kry – Jy is alreeds ’n oorwinnaar! (Rom. 8:37)

Maar die belofte in GOD se Woord gaan nog verder: Jy kan nou elke aanslag op jou lewe van satan weerstaan en oorwin omdat die Heilige Gees vir jou die stryd voer. Jesus het elke moontlike mag of krag wat daar op die aarde mag bestaan reeds oorwin (Lees weer Efes. 1:18-21 hierbo)en glo daar is NIKS, ja NIKS wat jou kan skei van die liefde van GOD wat Hy vir jou het in Jesus Christus nie!  (Rom 8:37-39). As jy val in versoekings, drankmisbruik, dwelms of vuil taal – is dit omdat jy ongehoorsaam is aan Jesus wat jou klaar die oorwinning gegee het – jy het mos die wapenrusting aan wat jou bekragtig teen enige aanslag. (Efes. 6:10-18). Jy moet opstaan in die krag van Jesus en Sy sy sterkte (Efes. 6:10) en met jou mond en lewe proklameer: Ek het saam met Jesus opgestaan uit die dood! Ek leef met Sy krag in my! Ek is saam met Hom meer as ’n oorwinnaar!  

Julle het dieselfde krag in julle as Jesus!

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles