Pearly Beach Basaarpret

Pearly Beach Basaarpret

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die NG-gemeente te Pearly Beach se jaarlikse basaar het op Saterdag, 26 Maart 2016 plaasgevind. Ondanks die langnaweek het Petrus du Preez gesê dat dit ‘n reuse sukses was.

“Wat ‘n gedrang! Wat ‘n gees! Wat ‘n groot sukses!” was Petrus se eerste reaksie. Hulle jaarlikse basaar is ook vir die eerste keer in die Pearly Beach Hengelklub se saal gehou - en was hierdie enorme saal nie volgepak nie. Dr Lisel Joubert het die basaar om 09:00 met gebed geopen, waarna die stormloop begin het. “Sowat van ‘n positiewe gees moet aanskou word om waardeer te kan word en dit was die begin van ‘n basaar om te onthou,” sê ‘n dankbare Petrus namens die span wat baie hard gewerk het. Almal was vriendelik en het gesellig saamverkeer, met bekende Eddie Barnard se musiek wat verder tot die gesellige atmosfeer bygedra het.

Daar was ongetwyfeld te veel te drinke en te ete, met velerlei snuisterye en naaldwerk, plaasprodukte, pasteie, gebraaide hoender, potjieskos (4 soorte), worsbroodjies en pannekoeke by die dosyne. “Pastoor Frikkie Zeelie het die pannekoeke so een na die ander die lug in laat vlieg, met sy helpers wat ook nie agtergebly het nie,” sê Petrus. Die kafee met sy vele lekkernye het ook bygedra tot te veel lekkertes om op te noem.

Dan was daar ook ‘n paar gelukkige lootjie-wenners: Skaap - Edward de Kock, Franskraal; 3kg Boerewors - Corné Fourie, Durbanville; Hoenderbraaipak - Hanlie Groenewald, Bredasdorp.

“Die inkomste van die dag staan op die pragtige bedrag van R95,000, met nog donasies wat uitstaande is, wat ons stoute verwagting oortref het, veral as ons dalk met die uitstaande bedrae ‘n totaal van R100,000 of dalk meer kan bereik,” sê Petrus. Maar alle eer en dank aan ons Hemelse Vader waarsonder absoluut niks van hierdie enorme sukses sou kon realiseer het nie.”

Hardus Botha

Pearly Beach Basaarpret

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles