Black Leaves toon geesdrif teen Standards (Verloor 5-10)

Black Leaves toon geesdrif teen Standards (Verloor 5-10)

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Was die Standards van Bredasdorp goed genoeg om Black Leaves van Gansbaai te klop, of het die baai maar net laat glip om nie die wedstryd te wil wen in die laaste minute nie? Geluk vir eers aan Standards.

Black Leaves het vanjaar sy vername veldtog afgeskop om vroeër vanjaar hul openings ligawedstryd hier teen Genadendal naelskraap met 22-21 te wen, wat die manne vreeslik baie selfvertroue gegee het. Die C-span Black Leaves het die dag begin en het ongelukkig met 10-25 verloor. Die kleine Manfrid op vleuel het in die proses twee pragtige verbasende drieë gedruk. Hierdie mannetjie het groot durf.

Die B-span spog nou met 'n oorwinning van 24-20 teenoor hul eweknie wat hulle in die pylvlak met ander spanne plaas. Twee wenne na twee wedstryde. Mooi so manne. Die B-span het Standards behoorlik laat les opsê met opwindende spel voor-en-agter-langs. Daar is nie 'n manier hoe hierdie troepe 9 April, tuis hier teen die besoekende span van Safcol (Grabouw) kan vasval nie. Hierdie span se afrigtingspan handhaaf alles met 'n ysterhand wat dissipline betref. (Vra maar vir Greg). Genadiglik kon hy die span haal en sy staal toon. Pieter Jantjies en Jaque Rooi se span is gelaai met sterre van Gansbaaidorp wat hul rugby hier in Blompark beoefen en geniet (trek op jul sokkies).

In nou steeds winderige toestande vat Black Leaves A-span veld. Die twee spanne het mekaar van meet af gepak, alhoewel Standards met hul swaarder agttal ente veld probeer wen het, het Daan Otto (skrumskakel) daarenteen sy span ente veld laat wen met taktiese skoppe en breekslae met sy giftige agterlyn teenaan. Diffie met sy onvoorspelbare en geleerde skopvoet het ook glad nie 'n afdag beleef nie en was verantwoordelik vir die enigste en skitterende drieë.

Bredasdorp slaan daarna toe met 'n doel om sodoende die wedstryd te verseël. 'n Bietjie afrondings werk en aansluiting kan 'n mens amper sê het die manne gekelder. Ongelukkig sou die uwe nie in die afrigter, Gordon Cornelius, se pad wil wees vir die voorbereiding hier teen Safcol nie.

Vanjaar speel die spanne in die groot uitdaagbeker kompetisie van die Boland. Eindig jy laaste in jou afdeling, lag almal vir jou (dan daal jy). Daar word in vier streke gespeel waarvan Black Leaves in die Overbergstreek val. Ouers, stuur jul rustelose en talentvolle seuns na die Blompark Rugby Sportgronde op Dinsdag- en Donderdagaande om hul lewensstyl te verander. Sterkte Black Leaves Vorentoe.

So Sê Bra "G"

Black Leaves toon geesdrif teen Standards (Verloor 5-10)

So Sê Bra G

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles