Kreefnette

Kreefnette

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dis nou iets wat jou baie plesier gee, maar dit het ook maar sy eie probleme. Omdat die goed al redelik duur geword het is dit al klaar rede genoeg om  in stand gehou te word. Op see is daar ander faktore om in gedagte te hou. Vir iemand wat nog nie goed gekonfyt is nie in die prosedure van kreefnette stel, trek en wat daarmee gepaard gaan, kan mens dalk op ander probleme wys.

Wat nooit gedoen moet word nie is om jou nette te stel en dan te verkas, om watter rede ookal, en maar altyd die goed in sig te hou. Nie dat iemand dit met opset sal uittrek nie, maar somtyds kan die gestelde nette nie opgespoor word nie, a.g.v. rowwe water of die toue te kort is en die nette word dan onderwater getrek en vir ‘n wyle onsigbaar. So, uiteindelik gee jy pad sonder hulle. Die ander rede waarom iemand anders se nette per ongeluk uitgetrek word is omrede die kurke of proppe nie baie verskillend is nie en dan foutiewelik  bygedam word. Maar dit kán wel gesteel word! Daar is mos sulke mense maar ek glo dis slegs die gesindheid van ‘n baie klein groepie manne. Daar is nie salf aan hulle te smeer nie en ook nie die moeite werd om oor te praat nie. Dis klaar al ‘n rede om nie van jou goed pad te gee nie.

Dis so dat indien ‘n skipper byv. die volgende dag op ‘n net afkom wat skynbaar wel daar gelaat is, daar seker geen rede is om dit nie uit te trek nie.

Beslis ‘n moeilike situasie, en wat kan daaraan gedoen word? ‘n Antwoord sal wees om die boot se naam op ‘n manier op die net of die proppe, aan te bring  --  maar dis nie baie prakties nie. Indien wel sal die persoon wat die nette vind en optrek wat in die see agtergelaat is wel die gereedskap terug kan besorg aan die oorspronklike eienaar, en glo ek dit bowendien met graagte doen. Jy kan argumenteer dat jy moet los wat nie joune is nie, maar dis in elk geval verlore  -  en verlate. Sommige persone merk hulle toerusting met ‘n nommer of, vir hulle, ‘n herkenbare teken, maar dit maak dit nog nie duidelik aan enigeen wie die eienaar is nie.

Dis tyd om ‘n werkbare oplossing vir hierdie probleem te vind, die sport is te genotvol om dit nie te doen nie.

Dis op die oomblik geelbekweer, maar hier na die naweek se kant was die water baie omgekrap wat see toe gaan nie ‘n goeie opsie gemaak het nie. So gou as moontlik moet mens maar kyk of jy een van die bevoorregtes kan wees. Met so bietjie geluk en baie wysheid braai ons een van die dae geelbek!!

Groete, Seemeeu

Kreefnette

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles