Gansbaai KK het Sondag tuis teen Stanford KK gespeel en die wedstryd met 190 lopies gewen. Gansbaai KK het daarmee hulle onoorwonne rekord in die 20/20 Sondagliga behou.
Gansbaai KK het eerste gekolf en Stanford KK se boulers laat swaar leef. Gansbaai KK het 227/3 in 20 boulbeurte aangeteken danksy 'n tweede paaltjie vennootskap van 137 lopies tussen Corrie Avenant en Melvin Tobias. Corrie Avenant het behoorlik onder die boulers ingeklim en 142 nun (4x4)(16x6) lopies gemoker. Melvin Tobias het 40 lopies (4x4) bygedra.
Stanford KK het toe gaan kolf maar kon geen weerstand teen die goeie akkurate boulwerk van Gansbaai KK se boulers bied nie. Stanford was almal uit vir 37/10 lopies. Die beste boulers was Gurshwin Davids (4-0-7-3); Christo Swart (3-0-11-2); Juan Havenga (2.3-0-7-2) en Jonathan Doyle (3-1-10-1).
Gansbaai KK reis eerskomende Sondag na Napier om te bepaal waar die eindstryd gaan plaasvind. Sterkte.
Sportiewe groete, Heinrich Vermeulen