Bevestiging van Dr Lisel Joubert

Bevestiging van Dr Lisel Joubert

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Geliefde Christene, ontvang hierdie dienaar in die Here met blydskap. Neem die Woord aan wat sy deur die Heilige Skrif verkondig, nie as die Woord van mense nie, maar soos dit waarlik is, as die Woord van God.” - lui die inleidende sin van die uitnodigingskaartjie na die amptelike bevestiging en ontvangs van dr Lisel Joubert as nuwe gemeenteleraar van Gansbaai se NG-gemeente.    

Dr Joubert is op Vrydagaand, 8 April 2016 amptelik as leraar deur ds Dirk van Dyk bevestig, nadat ‘n jarelange vriendin van haar, prof Julie Claassens van die Universiteit van Stellenbosch, die verkondiging van die Evangelieboodskap hanteer het. Lisel, soos sy algemeen as ‘n mens-mens bekendstaan, is op 5 Augustus 1970 in Kempton Park gebore, waar sy ook later aan die Hoërskool Jeugland matrikuleer. Haar ouers is Theuns en Anita Kruger. Gedurende 1990, toe die Algemene Sinode vroue tot die kansel toegelaat het, was Lisel reeds ‘n teologie-student aan die Universiteit van Stellenbosch. Daar verwerf sy die grade BA (hons), MA, BTh en DTh en ná haar legitimasie in 1995, ontvang sy ‘n stipendium om vir ‘n jaar in Duitsland te studeer. Gedurende 1999 tree Lisel met Deon Joubert, ‘n boer van hierdie omgewing, in die huwelik. Die egpaar het twee kinders, Frederik (11) en Maya (13). Vanaf 2000 tot 2002 het Lisel as prediker en pastorale hulp by die NG-gemeente Onrusrivier gewerk en vanaf 2010 tot 2013 by Gansbaai se NG-gemeente. Vir die afgelope sowat 17 jaar is sy by teologiese opleiding by TEE (Theological Education by Extension) betrokke, asook by die Fakuliteit van Teologie op Stellenbosch. Haar passie, soos wat sy al duidelik bewys het, is om lidmate te bemagtig deur lering en Bybelstudie, wat haar hier plaaslik ook ‘n bekende in die aanbied van kursusse gemaak het. Lisel is ook ‘n erkende skrywer wat in 2013 haar boek, Ontmoeting met die Heiliges, in Gansbaai bekendgestel het. In 2015 ontvang sy die gesogte Desmond Tutu-Gerrit Brandprys vir debuutwerk. In 2015 sien haar boek, God van die woestyn, die lig. Onlangs is haar nuutste boek, die eerste van ‘n volledige reeks, Kleur, Meditasie vir Lydenstyd en Pase, bekendgestel. Dan is Lisel ook ‘n medewerker met die Nuwe Lewende Vertaling van die Bybel.

Hier plaaslik is hierdie beskeie persoonlikheid eweneens in gemeenskaps-aktiwiteite ‘n “ou” bekende, asook ‘n aktiewe tennisspeler. Gansbaai Courant dra graag opregte gelukwense aan Lisel oor en wens haar alle sterkte toe in haar amp as NG-leraar in Gansbaai.

Hardus Botha

Bevestiging van Dr Lisel Joubert

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles