Perdrynuus

Perdrynuus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Strandveld Perdryklub het pas hul eerste uitstappie vir 2016 afgelê.   Die dag het afgeskop vanaf Uilenkraal, waartydens waens en perde ingespan is met die Klub se wa as “backup” voertuig.  Die roete was al langs die Avoka pad verby Papiesvlei om na die plaas waar  Grewe en Ilse van Dyk woon. 

Met aankoms is die diere afgesaal en versorg en kamp opgeslaan .  Almal het sommer dadelik soos een span aan die werk gespring om te help waar hul kon met die voorbereiding van die 3 potte en varsgebakte brood vir  aandete.  Grewe het gesorg vir musiek en so tussen deur die geselligheid om die vuur was daar lekker gedans.  Graag wil die Voorsitter Japie Swart van die geleentheid gebruik maak om die volgende persone te bedank: die mede bestuurslede Henk en Eljoh Smit wat leiding geneem het met al die reёllings vooraf en tydens die kommando, dit het bygedra tot die groot sukses daarvan, vir  Grewe en Ilse van Dyk, wat oornag geriewe beskikbaar gestel het en al die  lede sowel as al die besoekers wat deel was van hierdie “trip”.  Hy nooi ook die publiek uit om aan te sluit by die Strandveld Perdry-klub.  Dit is ‘n gesins- vriendelike klub en die uitstappies word in gesinsverband gereёl.

Vir navrae kan Eljoh Smit gekontak word Tel 082 8107 687.

Madelein Swart

Perdrynuus

Madelein Swart

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles