Die Strandveld Landbou Vereniging het pas hul eerste lede vergadering vir die jaar gehou op 1 April 2016 te Strandveld Pub.
Die aand het met ‘n vergadering afgeskop, waartydens heelwat gassprekers opgetree het. Nuwe lede is ook voorgestel en verwelkom en daarna het die aand afgesluit met ‘n heerlike geselligheid. Oom Callie en sy span het hulle goed van hul taak gekwyt -die “Steaks” was heerlik.
Strandveld Landbou Vereniging bedank die borge van die aand: Viking, Virbac, Agri Stanford en GWK hartlik vir hul gewaardeerde bydrae, asook die lede vir die groot opkoms tydens die vergadering.
Madelein Swart