Franskraal se op-en-wakker Buurtwag vergader weer op Maandag, 18 April 2016 om 10:00 in Franskraal Rolbalklub se saal. Lede, asook enige ander belangstellendes is welkom. ‘n Verteenwoordiger van AfriForum gaan as gasspreker optree. Willem van der Merwe sê hy is baie in sy skik met die vinige opgang wat gemaak is.
Die Buurtwag se ledetal het van sowat 60 tydens die lootsvergaderings in 2015 na die pragtige getal van 130+ gegroei. “Ons is ook baie tevrede met die goeie resultate wat deur middel van puik patrolliewerk snags behaal word,” sê Willem. “Ek doen graag ‘n beroep op Franskralers om teen die geringe bedrag van R50/maand by die buurtwag aan te sluit,” sê Willem. “Verdere ondersteuning deur middel van borgskappe, hoofsaaklik vir die aankoop van relevante toerusting, sal ook opreg waardeer word.” Franskraal Buurtwag is ook by die Gansbaai Polisiëringsforum (GPF) ingeskakel. Die ondersteuning van hierdie buurtwag, net soos in ander buurtwagte se gevalle, is van groot belang en dit dien tot voordeel van almal se veiligheid en nie net diegende wat hul lidmaatskapfooie betaal nie.
Onthou van die vergadering en AfriForum se aanbieding op Maandag, 18 April 2016 om 10:00 in die Franskraal Rolbalsaal. Vir navrae kan Willem van der Merwe by 083-791-8497 geskakel word.
Hardus Botha