BARC se 1ste Gholfdag

BARC se 1ste Gholfdag

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Annalie Jonker van BARC is baie trots op die heel eerste BARC Gholfdag wat ‘n groot sukses was. Dié dag is deur haarself en haar regterhand, Vera Swart tot ‘n groot sukses gedryf.

“Vera Swart loop oor van entoesiasme teenoor BARC en het ook hierdie dag geïnisieer,” vertel Annalie. “Vera het al sover gegaan as om die ‘BARC Girls’ te stig, bestaande uit ‘n paar dames wat haar bystaan, veral met fondsinsamelingsprojekte.”
Annalie sê Vera en haar span beteken oneindig baie vir BARC en neem ook ‘n enorme las van haar eie skouers af.

In verlede week se uitgawe van Gansbaai Courant het André Roos van Gansbaai Gholfklub soos volg berig: “Dit was die Dames van BARC se eerste aanbieding van ‘n gholfdag en was hulle nie baie suksesvol nie! Harde werk word altyd beloon - goeie werk Dames!” Vera vertel dat 38 gholfers die dag se elemente trotseer het om te speel en dat die dag gekenmerk is deur vele pryse, pret en plesier.

Uitslae was soos volg: B Swart 36, A Gouws 35, W van Rensburg 35 en H du Toit 35. Naaste aan die penne is gewen deur E Engelbrecht, J Nell en J Rahn. Spog 2’s is aangeteken deur D Victor (3), W van Rensburg en C Bent. Niel Harrison was die wenner van ‘n yslike BARC Hamper. Tess du Toit en Magda Niemand van Butter Créme Bakery het ‘n spesiale BARC Koek gebak wat opgeveil is, met interessante gevolge. Die bod is op Gabriel Smith toegeslaan, maar hy gee toe die koek terug om weer opgeveil te word. Hierdie keer is die bod op Bev Swart toegeslaan, met ‘n totale bedrag van R1,050.00 wat deur die koek ingebring is.

“Bev Swart het op sy joviale manier ‘n klein impromto, maar suksesvolle wynveiling aangebied,” vertel Vera. “Dit was ‘n uiters suksesvolle dag en fondsinsamelingspoging,” het Vera gesê. “Ons is baie dankbaar teenoor putjieborge, alle donateurs en natuurlik die gholfspelers.”           

Hardus Botha

BARC se 1ste Gholfdag

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles