Strek altyd uit na Bó!

Strek altyd uit na Bó!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe GOD my geroep het in Christus Jesus.” (Fil.3:13,14)

Daar is in die Christen se lewe één groot spanning wat nooit ophou nie. Ons hou nooit op om ons in te span om die hemelse prys te behaal waartoe GOD ons geroep het nie. GOD se roeping is lewensbelangrik – Hy roep jou na bo. Maar net so is ons uitstrek na bo ook belangrik. Albei is belangrik. As GOD roep en niemand antwoord nie – gebeur niks. As ons uitstrek na bo maar GOD is nie met ons nie – gebeur ook niks. In elke geval niks goeds nie.

Het jy al ooit probeer om in ’n swembad ’n groot strandbal bal onder die water te druk en daarop  probeer staan? Het jy opgemerk dat hoe dieper jy die bal probeer afdruk hoe sterker word die krag in die bal wat na bo druk? Die rede is dat die lug wat binne die bal is eintlik dieselfde lug is wat bokant die water is. Dis waar dit hoort. Die bal wil boontoe! Dieselfde gebeur met ons as Christene. Daar is iets binne-in ons wat altyd boontoe wil gaan. Dit is GOD se opwaartse roeping in ons lewe. Hy roep en ons moet uitstrek na Hom wat daar bo is. Baie van ons dobber maar net op die water van die lewe rond. Ons hoop maar iewers gaan daar ’n wonder werk gebeur. Maar niks kan teen die stroom opdryf nie. Jy gaan niks regkry deur die hele tyd teen die stroom te probeer opvaar nie. As jy nie na boontoe opgetrek word nie gaan jy heeltyd afdryf in die stroom – om later heeltemal deur die see verswelg te word.

GOD roep jou na bo. Jy moet uitstrek na Hom wat jou roep. Soos Paulus dit ook stel: “Maak jou los van wat agter jou is.”  (Fil. 3:13) Soos ’n atleet moet jou ook op die wenstreep gevestig bly. ’n Goeie rugbyspeler beur altyd vorentoe na die doellyn. Verbreek die dinge van die verlede wat jou verhinder om voluit na Jesus uit te strek. Die wonderlikste prys wag vir ons almal dáár bo by GOD.

Kom laat ons mekaar elke dag aanspoor en bemoedig sodat ons na bo kan uitstrek en die hemelse prys behaal!

Strek altyd uit na Bó!

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles