8 Bal Dames Potspel

8 Bal Dames Potspel

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die SA 8 Bal Dames Potspel Kampioenskap vir 2016 word vanaf 23 tot 29 April by die Gracelands Casino in Secunda, Mpumalanga aangebied. Jaarliks word Provinsiale spanne vanuit plaaslike Ligaspanne gekies om hul provinsies te verteenwoordig.

“Ons dames speel onder die vaandel van WP Platteland, wat die Valsbaai- en Overbergareas dek,” vertel Hugo Lam-brechts. “Die volgende dorpe in die Overbergarea is in ons plaaslike liga betrokke: Gansbaai, Caledon, Hermanus, Bredasdorp en Struisbaai en daar word 9 dames per provinsie vir hierdie spoggeleentheid gekies.” Van hierdie 9 dames is Hugo trots om te sê dat 5 Gansbaaiers is. Die res is 2 dames van Valsbaai en 2 van Hermanus.

Die gedugte Damesspan (in spelernommer volgorde) is: Melanie Smit (Gansbaai), Adéle Venter (Gansbaai - Kaptein), Natasha Williams (Valsbaai), Suzette Brand (Gansbaai), Sanet Basson (Hermanus), Annaline van der Nest (Gansbaai), Brendeline Thomas (Valsbaai), Selene Havenga (Gansbaai) en Laylah Frick (Hermanus). Hulle spanbestuurder is Frankie Bantom (Caledon) en die twee skeidsregters is Edward Visagie (Valsbaai) en Reggie Jasper (Caledon).

“Die 8 Bal Dames Potspel is tans nog ‘n amateursport, gevolglik moet die span (11 lede) self die kostes soos vervoer, akkommodasie, uniforms en dies meer dra, wat vanjaar sowat R47,242.00 beloop,” vertel Hugo.

“Fondsinsameling is dus baie belangrik en nodig om die SA Kampioenskappe te kan bywoon.” Hugo rig graag die volgende bedankings aan instansies en persone wat reeds gehelp het: Jimmy en Johnny Rockets, Gansbaai Discount Liquor, Gansbaai OK Foods, Uilenkraal Kafee, Tuscany Coffee Shop, Marietjie’s Pub & Grill, Bon Bon’s, Suzette Brand, Marinda Havenga, Adriaan en Sanet Basson en Lee-Ann van den Berg.

Belangstellendes wat graag ‘n bydrae wil lewer, kan die Spankaptein, Adéle Venter by 072-101-3877 skakel, of stuur ‘n e-pos aan haar by adeleventer@gmail.com.

Adéle sê hulle sien baie uit na die toernooi en vertrou hulle kan die gesogte trofee huis toe bring. “Dit is ‘n groot eer om jou provinsie te verteenwoordig en ons wens hulle alle sterkte toe,” het Hugo namens die res gesê.                  

Hardus Botha

8 Bal Dames Potspel

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles