Ai, te lekker!

Ai, te lekker!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Kom ons praat ‘n slaggie net visstories.

Die afgelope twee weke was daar heelwat aksie. Ongelukkig nie wat betref geelbek nie, maar dis mos nie die einde van die wêreld nie! Indien jy in ag neem wat wel gevang is is daar tog heelwat om voor dankbaar te wees en selfs so bietjie opgewondenheid sal in orde wees. Indien ek reg onthou was daar (toe wel ‘n geelbekkie of twee), heelwat kabeljou, baie en vet hotties, roman, PW’s, baie makriel (darem nie monsters nie) en nog vis soos kolstert, witstompneus, selfs ‘n elfie, silwervis en panga. Die bloukoppies was besonders groot en ek sou sê, sal ‘n pan behoorlik laat les opsê. Met so ‘n verskeidenheid móét mens mos gelukkig wees! Dan dwaal die maasbankers en harders om die boot rond, wat jou nog ‘n opsie los.

‘n Boot sal jou kry op die plek waar hierdie vis te vinde is. Dis wel so dat jy nie sommer enige plek kan anker gooi en vis verwag nie, daarom sal dit nogal help indien jy kennis het oor waar om te gaan. Joubert se Dam sal, vir nou in elk geval, ‘n goeie beginpunt wees. Ondervinding sal jou sekere hengeltegnieke geleer het. Vat die makriele byvoorbeeld, (hulle is van middelmatige grootte).. Indien jy nie wil sukkel nie, gebruik dun lyn en sommer baie klein hoekies, sommer jou hotnotsvis-“tackle”, maar met ‘n baie ligte gewiggie, en wanneer die vis opkom, geen sinker nie. Wat die kabeljou betref, dis mos nou sy tyd om dieper water toe te verkas en dis waar jy hulle gaan vind. Daar sal nog van die kant af gehengel kan word, maar hulle sal beslis nie so volop daar wees nie. Jou manier van hengel sal ook verskil wanneer jy vanaf die kant hengel en dan weer vanaf ‘n boot, in dieper water. Net vir die manne wat die see hier by ons nie so goed ken nie,  wees altyd vesigtig. Hieroor kan mens sommer baie skryf, maar in kort  --  hou die weer in gedagte en wanneer jy wel besluit om op ‘n sekere plek te vertoef, spandeer genoeg tyd om byv. waar te neem of die branders nie dalk op ‘n ongemaklike tyd daar breek nie. Hanteer jou anker met die nodige respek. Daar is nog vele ander aspekte om in gedagte te hou, maar genoeg hiervan vandag.

Geniet die see! Groete, Seemeeu

Ai, te lekker!

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles