Hierdie tyd van die jaar is dit slegs die bittereinders van rolbal wat aan toernooie deelneem. So het agt spanne van drie spelers elk op Dinsdag, 5 April 2016 by Franskraal Rolbalklub opgedaag vir ʼn geslote driespel toernooi. ʼn Motreëntjie het twee keer gedreig om die pret te bederf, maar het opgeklaar om eintlik in ʼn aangename dag vir rolbal te ontwikkel. Hoewel slegs spelers van Franskraal deelgeneem het, was die mededinging kwaai wat goeie gehalte spel tot gevolg gehad het.
Die borg vir die dag was Hermanus Toyota en hulle verteenwoordiger, Oosie Oosthuizen en ʼn kollega het die prysuitdeling waargeneem.
Hermanus Toyota is ʼn jarelange ondersteuner van Franskraal Rolbal en Franskraal het groot waardering daarvoor. Die uitslae van die toernooi is soos volg: In die eerste plek was Sakkie van Zyl, Jaco Swart en Theuns Roodman met 21+16 punte, gevolg deur Hettie Lass, Marie Pretorius en Gerrie Fourie met 19+11 punte, met Gideon Pienaar, Kim Breach en Kristo Jooste in die derde plek met 19+9.
Pieter Conradie, President