Johan “blom” by Skiet-kampioenskappe

Johan “blom” by Skiet-kampioenskappe

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Op 17 Maart vanjaar het Johan van der Mescht van Franskraal aan die WP Skiet-kampioenskappe deelgeneem en wel in die geweer- en “handgun”-afdelings. Soos in die geval van vorige beriggewings, het Johan weer behoorlik “geblom” tydens die kampioenskappe, met die volgende uitstekende uitslae: Geweer-teleskoop-afdeling: 2 x 2de plekke en 1 x 3de plek; Geweer-oop-visier-afdeling: 3 x 1ste plekke; Onbeperkte “handgun”-afdeling: 1 x 2de plek; Sport-“handgun”-afdeling: 1 x 1ste plek en 1 x 2de plek; Lug-pistool-afdeling: 1 x 1ste plek.

 “Soos gewoonlik was die Suid-Ooster ‘n faktor om mee rekening te hou,” vertel Johan. “Die teikens op die ver afstande wat met die agtergrond saamsmelt, was ‘n groot uitdaging, veral in die oop-visier-afdelings.” Johan sê egter dat goeie tellings behaal is, veral deur die dames. Op die foto (bl 22) is die verskillende grootte teikens wat van die kleinste tot die grootse met die oop-visier-gewere en oop-visier-“handguns” onderskeidelik op 25m, 50m, 75m en 100m geskiet word. “Wat hierdie sportsoort besonders maak, is die goeie sportmangees en kameraadskap tussen al die deelnemers,” is bykans met elke berig Johan se kommentaar. Die volgende kampioenskappe wat vanjaar nog voorlê, is die Wêreldskiet, WP-Classic en die Atlantis Classic.

Hardus Botha

Johan “blom” by Skiet-kampioenskappe

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles