Regstelling BARC se 1ste Gholfdag

Regstelling BARC se 1ste Gholfdag

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

In die berig van” BARC se 1ste Gholfdag”, wat in Gansbaai Courant, Donderdag, 14 April 2016, verskyn het, is daar foutiewelik verwys na Vera Swart as die insieerder en organiseerder van die gholfdag, in plaas van Elsabie Schoombie.

“Elsabie was die groot insieerder van BARC se eerste Golfdag,” vertel Annalie Jonker van BARC. “Sy help my al baie jare met fondsinsamelings en het al jare gelede voorgestel dat ons ‘n golfdag moet reël.” Annalie het nie vir so ‘n projek kans gesien nie, aangesien sy nie oor die kennis van gholfdae beskik nie en ook omdat die organisering daarvan baie meer mense betrek.

Vera het toe die vrywilligergroepie, die “BARC Girls”, saam met die volgende dames (alfabeties) gestig: Elsabie Schoombie, Emeke Stieger, Estelle Roos, Karen Trautmen en Theresse de Wet. “Die groepie se hoofdoel fokus op fondsinsamelingsprojekte ten bate van BARC,” vertel ‘n dankbare Annalie wat daagliks en “vrou-alleen” met BARC se vele probleme worstel. “Op haar beurt lewer Vera ‘n groot rol met die administrasie van BARC se Facebook-blad om sodoende BARC se beeld en nuus na die publiek uit te dra.” Annalie sê die groepie is almal hardwerkende, voorslag-dames en sommer met hulle eerste vergadering het Elsabie Schoombie die voorstel van ‘n BARC Gholfdag gemaak, wat aanvaar is.

Verlede jaar Okt/Nov is daar met die reëlings begin. “Die span het gehelp waar hulle kon, terwyl Elsabie alles gekoördineer het, van reëlings tref met die gholfklub, borge vir die putjies, pryse en veel meer, terwyl sy terselfdertyd die administrasie behartig het.” Elsabie se eggenoot, Piet Schoombie, het eweneens ‘n groot bydrae gelewer as gevolg van sy kennis van gholf en gholfdae en Annalie sê sonder Piet en Elsabie sou die suksesvolle gholfdag nie moontlik gewees het nie.

Vir navrae en/of skenkings/donasies, ook aan BARC se tweedehandse winkel, kan Annalie Jonker by 082-826-0631 geskakel word en vir diereprobleme en/of die aanneem van diere Nols Jonas (Veldwerker) by 083-742-3903.

Hardus Botha

Regstelling BARC se 1ste Gholfdag

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

December's SteriThon was a winner!!

December's SteriThon was a winner!!

We are thrilled to announce that the Gansbaai SteriThon event on 11 December in Blompark was a huge success.

Fostering Animals
11 Days to Christmas: Conference Call

11 Days to Christmas: Conference Call

Arrange with the larger family to discuss responsibilities and what will be expected of every person. 

10 Days to Christmas: Learn to Breathe

10 Days to Christmas: Learn to Breathe

Most of our problems stem from reactive behaviour

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

Sit down with your “home” family and discuss what each one of you would like to experience during the holidays.

12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration

12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration

Keeping in accordance with old traditions, the tree was decorated on the 12th day before Christmas and taken down 12 Days after Christmas.

Youth Athletics Training at Gansbaai Primary

Youth Athletics Training at Gansbaai Primary

Our sports coaches assisted with pre-season athletics training at Gansbaai Primary this week.

Grootbos Foundation
See All Articles