Gansbaai VLV Nuus (21 April 2016)

Gansbaai VLV Nuus (21 April 2016)

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Ons VLV maandvergadering onder leiding van Alida Stander, Gesondheidsportefeulje, was goed beplan en die VLV dames het ‘n heerlike middag saam met puik sprekers deurgebring.

Me Desiree Pitzer het die dames van die gebruik van borrie met swartpeper as medisyne vir inflamasie vertel. Ons hoofspreker, me Ina Geldenhuys, Tuiskoördineerder van Ikamva en ook werksaam vir die Gesondheids departement, het die dames vertel wat haar werk behels. Sy is al die afgelope 12 jaar hierby betrokke en is verantwoordelik vir werkers (versorgers) onder haar, wat help met die siekes. Hulle lei ook persone op wat aan die einde van hulle opleiding sertifikate ontvang. Hulle besoek pasiënte by hulle huise, versorg hulle wonde en sorg dat die HIV en TB pasiënte hulle pille drink. Kos en klere word ook aan hulle verskaf. Ina is 24uur beskikbaar indien daar ‘n behoefte is of meer inligting omtrent hulle werksaamhede benodig word.

Tess du Toit van die Butter Crème Bakery het die Dames ingelig oor allerlei gesondheidsbrode wat by haar bestel kan word. Sy het van haar brode, waarvan sy ook toebroodjies gemaak het, vir ons gegee om te proe, uitgestal en heel brode is verkoop. Daar was ook ander gebak en gesondheids eetgoed wat sy aangebied het. Sy spesialiseer ook in Banting brode.

VLV Gansbaai het ook onderneem om die biblioteek te help met hulle projek om kombersies te maak. Ek is seker ons gaan by ons volgende vergadering heelwat blokkies kry om vas te werk. Op 3 Mei vier Gansbaai VLV hulle 63ste verjaarsdag om 15:00 in die Pretoriussaal. Dit gaan vet pret wees, aangesien die tema “Kinderpartytjie” is. Die lede moet aantrek soos ‘n kind en haar geliefde pop/beertjie (as hulle nog so iets het) saambring.  Daar gaan ‘n prys uitgegee word vir die oulikste kind. Indien daar belangstelling is om die dag saam ons te kom vier en ook te sien waaroor VLV gaan, skakel Ronel de Villiers by 028 38 42150.

Op 7 Mei 2016 hou VLV Sirkel Overberg ‘n Internasionale Damesoggend in Klipdrift, Oudekraal Venue (Ko-ordinator Suid34-21-32.7 E.O.19-37-53.2). Op die Stanford/Caledonpad, draai by die Oudekraalpad af.

Spreker is Hélène Truter (Antie Poppie van Vetkoekpaleis). Dit beloof om ‘n oggend vol pret en plesier te wees, met disse uit 7 verskillende lande om aan te proe, gelukspakkies en lootjies. Kaartjies, R100 pp is by Rienie (028 38 41170) beskikbaar. Kom geniet die oggend saam met ons op ‘n pragtige plaas en venue. Sien julle daar. Ons vergadering sluit af met heerlike verversings en ‘n verskeidenheid gesondheidstoebroodjies.

Gansbaai VLV Nuus (21 April 2016)

Rienie Ludick

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles