Black Leaves vat weer vlam teen Caledon

Black Leaves vat weer vlam teen Caledon

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die telling van 22-19 in Black Leaves se guns dui aan dat dit 'n klipharde stryd was in Caledon. Ook veral die feit dat al die oorheersende faktore aan Caledon se kant was.

Caledon reken eerste met Black Leaves se C- en B-spanne af. Die Baai se A-span het ander planne vir die dag gehad en het besluit om nie sonder 'n wen huiswaarts te keer nie. In aggenome, het die afrigter, Gordon, 'n heeltemal veranderde span in die veld gestoot as verlede week hier tuis teen Safcol. Hierdie outjies het hul kanse behoorlik aangegryp en vriend en vyand verras. Die Caledonners wat soos volgestopte koringsakke gelyk het, is behoorlik deur die Baai op hul rugte omgedop. Ai, maar dit was lekker.

Brandan Dickson no.9 (Divvy) het goed gedikteer met die skopskoen en met die halftyd voorsprong 9-0 sy manne kleedkamer toe gestuur. Met die aanvang van die tweede helfte was die veld gedek met genotvolle spel. Caledon begin met die speelveld in hul guns. Caledon ruik eerste bloed en teken 'n drie aan (9-5). In die afwesigheid van die gereelde skrumskakel (Daan Otto) behaal Divvy 'n briljante skepskop deur die pale (12-5). Caledon slaan terug met nog 'n onverdoelde drie (12-12). Caledon begin in die spel terugkom met al die tuisvoordeel en hardloop die Baai so 'n bietjie van hul voete af met nog 'n doel (12-19). Toe is Caledon heeltemal op hul voete. Black Leaves kruip weer nader met 'n drie (17-19). Hierna begin tyd uitloop en die skeidsregter was die bepalende faktor. 'n Liederlike blabs deur Caledon laat toe dat Fritz Hill (vleuel) die flater uitbuit en die bal op langafstand deur dribbel en toeval agter die doellyn (22-19). Toe was die gort gaar en met 2 minute speeltyd oor was die slagveld behoorlik aan die gang en die bal moes doodgespeel word om aan Black Leaves 'n welverdiende oorwinning te verseker. Caledon was geskok. Die kleine energieke vleuel, Brendan Natal was 'n doring in die vlees vir Caledon. Moet ook nie vergeet van Bradwill Europa wat voorlangs laat dreun het nie. Godfrey Damon, senter van Caledon, kan hiervan getuig (dit was 'n spanvertoning).

Hawston moet maar nou komende Saterdag (23 April) hier opdaag om te kom ontvang wat hulle toekom. Wen hulle die Baai, dan is die tonge los. So manne, hier is nou 'n heeltemal ander skuif in die klub, daag jy nie op nie, word jy oor die hoof gesien. Los nou die slapgatdinge manne, en kom leef jul rugby uit met oefeninge en alle betrokkenheid by die klub. Dankie aan al die ondersteuners wat dit meemaak saam met Black Leaves.

So sê Bra "G"

Black Leaves vat weer vlam teen Caledon

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles