Die Shark Coast Radio Flyers, elektries- en petrolaangedrewe radiobeheer vliegtuie, wend nou daadwerklike pogings aan om hulle klub te laat uitbrei. “Goeie belangstelling is intussen ondervind en dié wat reeds daar is, geniet dit terdeë,” vertel die entoesiastiese vooorsitter, André Barkhuizen. “Ek het ook kleiner vliegtuie teen kosprys van sowat R500 wat belangstellendes kan oorneem om te sien of dit ‘n stokperdjie is wat hulle sal interesseer.” Die groep is reeds byna ‘n jaar aan die gang en daar is geen lidmaatskapgelde betrokke nie. Die enigste vereiste is derdeparty-versekering wat André kan reël, aangesien hy ‘n SAMAA verteenwoordiger is.
"Afhangende van die weersomstandighede, vlieg dié van ons wat kan, elke Saterdag of Sondag by Groeneweide, waar ons pragtig skoongemaak het vir ‘n vliegveld van ons eie,” vertel hy.
Lede wat almal onlangs weer gevlieg het, is André Barkhuizen (voorsitter & SAMAA verteenwoordiger), Louis Genade (instrukteur), Johan Burmeister (tesourier), Hannes Benadi, Paul Winterbach (eienaar: Hobby Land Hermanus), Nick Loubser en Edran Delport, met etlike gades en belangstellendes wat toegekyk het.
Vir verdere navrae kan André Barkhuizen by 081-580-5371 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan hom by andreeoxwc@gmail.com.
Johan Burmeister kan by 082-895-7647 gekontak word, of stuur ‘n epos aan hom by burmeister@telkomsa.net.
Hardus Botha