Gansbaai KK het die afgelope Sondag die 2015/2016 krieketseisoen op 'n hoë noot afgesluit deur Napier KK met 4 paaltjies in die 20/20 Finaal tuis te klop.
Napier KK het eerste gekolf en 131/10 (almal uit) in 19.5 boulbeurte aangeteken. Hulle het danksy goeie boulwerk deur Corrie Avenant (4-0-22-4) en Jonathan Doyle (4-0-21-2), 6 paaltjies vir slegs 13 lopies verloor. Goeie boulwerk is ook deur Gurshwin Davids (35-0-26-2) en Juan Havenga (2-0-14-1) gelewer.
Gurshwin het 3 vangskote geneem.
Gansbaai KK het toe gaan kolf en was diep in die moeilikheid gewees op 14/3, maar goeie kolfwerk deur Corrie Avenant 63 lopies (6x4)(3x6) en Gurshwin Davids 22 (1x4)(1x6) het Gansbaai op die wenpad geplaas.
Die wenlopies is met slegs 5 balle oor aangeteken – 132/6 van 19.1 boul-beurte. Gansbaai wil dan ook die toeskouers wat hulle kom ondersteun het bedank.
Met die seisoen wat geëindig het, was Corrie Avenant (beste kolwer) 360 lopies (1 honderd-en-drie 50-talle); Jonathan Doyle (beste veelsydige speler)(230 lopies en 7 paaltjies) en Gurshwin Davids (beste bouler) 20 paaltjies.
Sportiewe groete,
Heinrich Vermeulen