Hou moed! Hou aan! Kyk op!

Hou moed! Hou aan! Kyk op!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Dit is vir my goed dat ek swaargekry het, want daardeur het ek u voorskrifte geleer.” (Ps. 119:71)  “Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop.” (Rom 5:3,4)

Het jy al ooit gewonder hoekom daar so baie tye is van swaarkry en sukkel? Of is jy sommer net vandag moedeloos oor alles wat nie wil uitwerk nie? Dan wil GOD se Woord vir jou sê: “Moenie moedeloos word nie.” (2 Kor. 4:16) “Hou moed manne! Ek vertrou op GOD dat alles sal gebeur soos Hy vir my gesê het.” (Hand 27:25) Hoe kry Christene dit reg om in die grootste pyn en vervolging vol moed en dapper te bly? GOD self versterk hulle met Sy Heilige Gees. Manne soos Johannes Hus en Thomas Cranmer het met ’n loflied op hulle lippe gesterf op die brandstapel. Stefanus roep uit na GOD as Hy gestenig word vir Sy geloof in Jesus Christus. (Hand 7:59).

Daar is baie mense met gebreke wat ook aanhou en moed hou te midde van die grootste pyn en swaarkry.  Sluit ’n man in die tronk toe vir meer as 30 jaar van sy lewe omdat Hy Bybels vir GOD smokkel - en jy het ’n Richard Wurmbrandt.  Maak hom groot in armoede en laat hom sy besighede verloor, sy vierjarige seuntjie sien sterf, hy verloor meer  verkiesings as enige ander man – en jy het ’n Abraham Lincoln. Glen Cunningham is as sesjarige seuntjie so erg verbrand dat dokters vir sy ma gesê het hy sal nooit weer loop nie – maar hy het aangehou probeer totdat hy kon kruip, stap en weer hardloop –sodat hy die wêreldrekord in 1934 opgestel het vir ’n myl in 4 minute 6,7 sekondes! Beethoven was doof – en tog een van die grootste komponiste.  Onderwysers het vir Albert Einstein gesê hy is te dom om langer as standerd vyf in die skool te bly!

In hierdie wêreld sal ons moeilikheid hê. Jesus het dit self gesê. Die sonde wat vanaf Adam en Eva op die aarde is, bevestig dit. Ons kan swaarkry, maar ons kyk boontoe. Ons sien Jesus raak wat vir ons ’n voorbeeld was om deur versoekinge te kom. (Mat. 4) Jesus het self aan die einde van Sy aardse bediening vir Sy dissipels gesê: “Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.” (Joh 16:33)

Daarom moet jy ook vandag besef: Swaarkry kweek in jou volharding sodat jou geloof sterker kan word. Sodat jy staande kan bly in moeilike tye en ander rondom jou bemoedig!

(Rom. 5:3,4)

Hou moed! Hou aan! Kyk op!

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

December's SteriThon was a winner!!

December's SteriThon was a winner!!

We are thrilled to announce that the Gansbaai SteriThon event on 11 December in Blompark was a huge success.

Fostering Animals
11 Days to Christmas: Conference Call

11 Days to Christmas: Conference Call

Arrange with the larger family to discuss responsibilities and what will be expected of every person. 

10 Days to Christmas: Learn to Breathe

10 Days to Christmas: Learn to Breathe

Most of our problems stem from reactive behaviour

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

Sit down with your “home” family and discuss what each one of you would like to experience during the holidays.

12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration

12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration

Keeping in accordance with old traditions, the tree was decorated on the 12th day before Christmas and taken down 12 Days after Christmas.

Youth Athletics Training at Gansbaai Primary

Youth Athletics Training at Gansbaai Primary

Our sports coaches assisted with pre-season athletics training at Gansbaai Primary this week.

Grootbos Foundation
See All Articles