Hou moed! Hou aan! Kyk op!

Hou moed! Hou aan! Kyk op!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Dit is vir my goed dat ek swaargekry het, want daardeur het ek u voorskrifte geleer.” (Ps. 119:71)  “Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop.” (Rom 5:3,4)

Het jy al ooit gewonder hoekom daar so baie tye is van swaarkry en sukkel? Of is jy sommer net vandag moedeloos oor alles wat nie wil uitwerk nie? Dan wil GOD se Woord vir jou sê: “Moenie moedeloos word nie.” (2 Kor. 4:16) “Hou moed manne! Ek vertrou op GOD dat alles sal gebeur soos Hy vir my gesê het.” (Hand 27:25) Hoe kry Christene dit reg om in die grootste pyn en vervolging vol moed en dapper te bly? GOD self versterk hulle met Sy Heilige Gees. Manne soos Johannes Hus en Thomas Cranmer het met ’n loflied op hulle lippe gesterf op die brandstapel. Stefanus roep uit na GOD as Hy gestenig word vir Sy geloof in Jesus Christus. (Hand 7:59).

Daar is baie mense met gebreke wat ook aanhou en moed hou te midde van die grootste pyn en swaarkry.  Sluit ’n man in die tronk toe vir meer as 30 jaar van sy lewe omdat Hy Bybels vir GOD smokkel - en jy het ’n Richard Wurmbrandt.  Maak hom groot in armoede en laat hom sy besighede verloor, sy vierjarige seuntjie sien sterf, hy verloor meer  verkiesings as enige ander man – en jy het ’n Abraham Lincoln. Glen Cunningham is as sesjarige seuntjie so erg verbrand dat dokters vir sy ma gesê het hy sal nooit weer loop nie – maar hy het aangehou probeer totdat hy kon kruip, stap en weer hardloop –sodat hy die wêreldrekord in 1934 opgestel het vir ’n myl in 4 minute 6,7 sekondes! Beethoven was doof – en tog een van die grootste komponiste.  Onderwysers het vir Albert Einstein gesê hy is te dom om langer as standerd vyf in die skool te bly!

In hierdie wêreld sal ons moeilikheid hê. Jesus het dit self gesê. Die sonde wat vanaf Adam en Eva op die aarde is, bevestig dit. Ons kan swaarkry, maar ons kyk boontoe. Ons sien Jesus raak wat vir ons ’n voorbeeld was om deur versoekinge te kom. (Mat. 4) Jesus het self aan die einde van Sy aardse bediening vir Sy dissipels gesê: “Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.” (Joh 16:33)

Daarom moet jy ook vandag besef: Swaarkry kweek in jou volharding sodat jou geloof sterker kan word. Sodat jy staande kan bly in moeilike tye en ander rondom jou bemoedig!

(Rom. 5:3,4)

Hou moed! Hou aan! Kyk op!

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles