Herinneringe

Herinneringe

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Weer tyd om ‘n herhaling van die ou Hardebaarde te plaas. Hierdie keer kom een van die dames aan die beurt en het oorspronklik op 25-11-2005 verskyn.

Hardebaard? Nie die keer nie! Ons sluit hierdie Hardebaardreeks af met ‘n dame. Dixie Walsh kan met die bestes saamgesels. Vanaf kindsdae al het sy met haar broer en pa van die kant af visgevang. Sy het om en by 1989 met Visvoet (destydse skipper, Pine Pienaar) begin bootvisvang (hengel is seker vandag ‘n meer gepaste woord). Visvoet het op ‘n keer met haar en Pine by Kopsteen in die moeilikheid beland toe ‘n fratsbrander haar van die boot afgeslaan het. Gelukkig het albei van hulle veiligheid bereik. Voorheen het dit ook met haar gebeur toe hulle boot (die naam kan sy nie meer onthou nie) by Teegat omgedop het. Piet Smal het hulle die dag opgepik en agterna gespog met die “tannie” wat hy gevang het! Visvoet is mettertyd verkoop en sy het toe (ongeveer vyftien jaar terug) begin “crew” op Solitaire. Oorlede Essie Esterhuizen het geskipper.

Solitaire, glo dit as jy wil, het ook by Kleinbaai tussen die bamboes omgedop. Sy en Essie se vrou kon weens die kwaai water nie swem nie, maar die rowwe water, sê sy, het hulle ook veilig op die kant uitgespoel. Sy lag nou daaroor en meen die see wil haar nie hê nie!

Sy kan nie meer so gereeld see toe gaan nie maar “crew” nog steeds op Panache waarvan Kobus du Toit die skipper is. Dixie sê vir haar is groot vis se vang soos poeding. Sy het ook geen probleem met die grotes se inbring nie  --  dit word bewys deurdat sy op ‘n stadium 4e op die klublys was uit ‘n totaal van 22! Haar voorliefde is geelbek en kabeljou (sy hou die rekord op die oomblik vir die swaarste kabeljou vanjaar). Hulle het op ‘n keer probeer geelstert aankeer, met geen sukses nie. Sy het ‘n bol rooiaas aangesit en ‘n bielie gevang. Glo haar maar. Sy het ook geen probleem daarmee om meestal die enigste vrou op die boot te wees nie, die verstandhouding tussen haar en die res van die bemanning was nog altyd goed en hulle verstaan mekaar. Hoeveel mense weet van die volgende?   --  sy gaan haal ‘n versameling beentjies wat uit ‘n kabeljou se kop kom en waarvan juweliersware gemaak word. Sy glo verder dat jy eers moet koffie drink voor die vis sal begin byt. Hierin ondersteun ek haar. Dixie wil vis vang tot sy 75 is. Darem nog ‘n jaar of wat om te gaan, hoor.

Groete, Seemeeu

Herinneringe

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles