Laerskool Gansbaai - Opgradering van Netbalbane en Tennisbane

Laerskool Gansbaai - Opgradering van Netbalbane en Tennisbane

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Wat ‘n wonderlike fantastiese gevoel is dit nie om na ‘n paar jaar se harde werk en ondersteuning vanuit die skool en die gemeenskap met die opgradering van Laerskool Gansbaai se Netbal- en Tennisbane te begin nie,” sê Chrizülene van Niekerk, organiseerder van die projek. “Dit is meer as 40 jaar gelede wat die bane gebou is en die nodige opknappingswerk het broodnodig geword.”

Sy sê as gevolg van die hoë kostes om hierdie bane oor te doen, is ‘n projek wat die skool net eenvoudig nie kan bekostig nie. “Tyd vir inspring en fondse te in was egter al wat nodig was.” ‘n Hele paar fondsinsamelings soos hoenderbraaie, hamburgeraand en  vroue-oggende is gereël, maar die opknappingswerk kon steeds nie begin word nie.

“Maar toe kom daar ‘n groot ommeswaai van drie besighede, by name Gansbaai Superspar, Atlantic Abalone en Aqunion en dadelik het die opgradering ‘n realiteit geword - wat ‘n fantastiese voorreg!” Soos op die meegaande foto’s gesien kan word, het die werksaamhede op 20 April 2016 begin en sake verloop sommer baie goed. “Opdatering en die voltooiing van die projek sal eersdaags volledig gepubliseer word,” sê Chrizülene. “Baie dankie aan elkeen wat gehelp het om tot hierdie projek by te dra.” 

Eerskomende Vrydag, 29 April word daar weer ‘n hoenderbraai gehou om nog so ‘n bietjie fondse vir die projek te in. Kaartjies is nog beskikbaar teen R50,00 en sluit die volgende in: ‘n halwe hoender, aartappelslaai, kerrienoodleslaai en ‘n broodrolletjie.

Vir navrae en/of kaartjies kan Chrizulene van Niekerk by 082-873-6889 gekontak word of stuur ‘n e-pos aan haar na park48@telkomsa.net.

Hardus Botha

Laerskool Gansbaai - Opgradering van Netbalbane en Tennisbane

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles