Eerste Hoop vaar goed

Eerste Hoop vaar goed

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Eerste Hoop Wynkelder se wynmaker, Werner Barkhuizen (aanbieder), was heel tevrede met hoë toekennings deur Gansbaai Wynproegilde se lede tydens die onlangse wynproe-aand in Tolbos Bistro.

Voorsitter Theuns Roodman het die verwelkoming waargeneem, met spesiale verwysing na rdl Riana de Coning en haar eggenoot, Kim. Daarna is Werner, wat sowat 3 jaar by Eerste Hoop Wynkelder as wynmaker werk, met uitstekende vorige ervaring ook by ander wynkelders, aan die woord gestel.

“Dit is ‘n kleinerige wynplaas van 11.5 hektaar en ons fokus hoofsaaklik op die uitvoer van ons wyne, waarvan die meeste aan België gelewer word,” het Werner gesê. “Ons beskou kwaliteit as van groter belang as hoeveelheid.” Werner het die volgende wyne te proe aangebied: Blushing Bride 2014, ‘n Pinot Noir Rosé wat op die tafels vir die gaste gewag het; Viognier 2014; LodewijkX Blend 2012; Pinot Noir 2013; Shiraz 2010. Deurgaans was die toekennings ‘n sterk silwer en/of goud. “Die LodewijkX Blend 2012 is ‘n eerste in ons tyd,” het Werner gesê. Die samestelling van hierdie versnit is uitsonderlik, met slegs 2,000 bottels wat per jaar vervaardig word: Chardonnay (44%); Chenin Blanc (36%); Viognier (20%).  

Wayne Devitt van Tolbos Bistro het seker gemaak die regte voedsel word saam met die regte wyne voorgesit. As voorgereg was daar smaaklike Vichyssoise- en Vegetable sop. Die hoofgereg was Cog au Vin op rys met groentes.

Suna Swart het ‘n blyk van waardering aan Werner oorhandig. Hy was baie beïndruk toe hy die pakkie oopmaak en sien dit is een van Gansbaai Wynproegilde se pragtige voorskote met die gilde se embleem daarop. “Baie dankie en dit gaan my handig te pas kom,” het Werner gesê.

Vir navrae rakende Gansbaai Wynproegilde kan Amanda de Vries by 028-388-0708 of 082-577-6920 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by info@franskraalbandb.co.za.

Hardus Botha

Eerste Hoop vaar goed

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Are Not Your Past

You Are Not Your Past

There is no shame in the pain you carry from your past.

Life Reflects You

Life Reflects You

Not to define you…

A Wild Start to the Day: Leopard Spotted

A Wild Start to the Day: Leopard Spotted

This morning, our reserve manager received an exciting camera trap alert of a leopard sighting. 

Grootbos Foundation
200+ Youth Apply for Life-Changing Opportunities

200+ Youth Apply for Life-Changing Opportunities

This week was full of excitement as Grootbos Foundation interviewed over 200 young people...

Grootbos Foundation
Sport Changing Lives in Gansbaai

Sport Changing Lives in Gansbaai

For some, Grootbos Foundation is best known for our work in conservation and in fynbos, but for a larger part of the community...

Grootbos Foundation
200+ Youth Apply for Grootbos Skills Programmes 2026

200+ Youth Apply for Grootbos Skills Programmes 2026

This week was full of excitement as Grootbos Foundation interviewed over 200 young people...

Grootbos Foundation
See All Articles