Ons gaan hemel toe! Ons gaan hemel toe!

Ons gaan hemel toe! Ons gaan hemel toe!

Gansbaai Courant

“Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in GOD; glo ook in My. In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie. En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.” (Joh 14:1 -3) 

Ons vier hierdie Donderdag in die Christelike kerke Hemelvaart. 40 Dae nadat Jesus uit de graf opgestaan het, het Hy voor Sy dissipels na die hemel opgevaar. Die storie word vertel van die gemeente wat een Sondag heerlik saamgesing het rondom Hemelvaart: “Ons gaan hemel toe! Ons gaan hemel toe!” Hulle het die verse oor en oor herhaal en dit naderhand meer en meer entoesiasties gegaan. In die voorste kerkbank was daar ’n klein mongooltjie wat ook probeer saamsing het, maar sy woorde het maar moeilik uitgekom.  Hy was net só opgewonde soos die res van die gemeente maar al wat uit sy mond gekom het, was:  “Ek ôk! Ek ôk! Ek ôk!”

Jy kan jouself voorstel hoe ontsteld die dissipels moes gewees het toe hulle hoor dat Jesus hulle gaan verlaat. Wat gaan van hulle word? Sou Jesus dan nie ’n koninkryk op aarde vestig wat vir die Joodse volk ’n totale bevryding van die Romeinse oorheersing gebring het nie. Het Hy dan nie hulle verseker Hy sal hulle nooit verlaat nie? Dan kom Jesus tussen hulle (en ons!) staan en Hy sê die woorde: “Moenie julle ontstel nie. Glo net in GOD en glo in My!”  (Joh. 14:1) Die eerste en belangrikste saak wat deurkom is dit: Al wat ons hoef te doen is om in GOD en Jesus te glo. Nie ’n klomp wette wat ons moet nakom of ’n klomp tradisies beoefen nie – net: GLO!

“So lief het GOD die wêreld gehad dat Hy Sy enig gebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, NIE  verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe SAL hê!” (Joh. 3:16)

Die tweede saak wat ons hoor as Jesus praat is dit: Daar is baie woonplek in die hemel – en Hy sal ons beslis kom haal om by Hom te wees – só: Ons gaan hemel toe! Daarom moet ons almal nou hier op aarde met soveel entoesiasme en liefde leef sodat sóveel as moontlik mense saam met ons die pad deur Jesus na die hemel kry. Kom ons begin sommer nou vir almal vertel van die wonderlikste ding wat met ons gebeur het. Jesus het ons verlos en Hy kom ons haal!

“Ons gaan hemel toe! Ons gaan hemel toe!”

“Ek ôk! Ek ôk!”

Ons gaan hemel toe! Ons gaan hemel toe!

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles