Ons gaan hemel toe! Ons gaan hemel toe!

Ons gaan hemel toe! Ons gaan hemel toe!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in GOD; glo ook in My. In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie. En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.” (Joh 14:1 -3) 

Ons vier hierdie Donderdag in die Christelike kerke Hemelvaart. 40 Dae nadat Jesus uit de graf opgestaan het, het Hy voor Sy dissipels na die hemel opgevaar. Die storie word vertel van die gemeente wat een Sondag heerlik saamgesing het rondom Hemelvaart: “Ons gaan hemel toe! Ons gaan hemel toe!” Hulle het die verse oor en oor herhaal en dit naderhand meer en meer entoesiasties gegaan. In die voorste kerkbank was daar ’n klein mongooltjie wat ook probeer saamsing het, maar sy woorde het maar moeilik uitgekom.  Hy was net só opgewonde soos die res van die gemeente maar al wat uit sy mond gekom het, was:  “Ek ôk! Ek ôk! Ek ôk!”

Jy kan jouself voorstel hoe ontsteld die dissipels moes gewees het toe hulle hoor dat Jesus hulle gaan verlaat. Wat gaan van hulle word? Sou Jesus dan nie ’n koninkryk op aarde vestig wat vir die Joodse volk ’n totale bevryding van die Romeinse oorheersing gebring het nie. Het Hy dan nie hulle verseker Hy sal hulle nooit verlaat nie? Dan kom Jesus tussen hulle (en ons!) staan en Hy sê die woorde: “Moenie julle ontstel nie. Glo net in GOD en glo in My!”  (Joh. 14:1) Die eerste en belangrikste saak wat deurkom is dit: Al wat ons hoef te doen is om in GOD en Jesus te glo. Nie ’n klomp wette wat ons moet nakom of ’n klomp tradisies beoefen nie – net: GLO!

“So lief het GOD die wêreld gehad dat Hy Sy enig gebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, NIE  verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe SAL hê!” (Joh. 3:16)

Die tweede saak wat ons hoor as Jesus praat is dit: Daar is baie woonplek in die hemel – en Hy sal ons beslis kom haal om by Hom te wees – só: Ons gaan hemel toe! Daarom moet ons almal nou hier op aarde met soveel entoesiasme en liefde leef sodat sóveel as moontlik mense saam met ons die pad deur Jesus na die hemel kry. Kom ons begin sommer nou vir almal vertel van die wonderlikste ding wat met ons gebeur het. Jesus het ons verlos en Hy kom ons haal!

“Ons gaan hemel toe! Ons gaan hemel toe!”

“Ek ôk! Ek ôk!”

Ons gaan hemel toe! Ons gaan hemel toe!

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles