Wildsbokkies-verhale

Wildsbokkies-verhale

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“My bedoeling was ‘n rustige hengeldag by die sloep naby Danger Point, maar om ±07:00 die Woensdagoggend vang ek toe ‘n wildsbokkie in die see,” vertel Vonnie Le Roux van Reebokstraat, Franskraal. Vonnie het net begin gereed maak om sy lyne in te gooi, toe hy sien hoe ‘n hond die bokkie in die rigting van die see jaag. “Die bokkie het see-in gehardloop, met die hond kort agter hom,” vertel Vonnie. “Dit was ‘n ontstuimige see, maar die bokkie het beslis beter gevaar as die hond, aangesien die hond omgedraai het en ek hom verwilder het.”

Daarna is Vonnie agter die bokkie aan om hom te probeer uitbring. “Die bokkie was reeds swak en ek kon hom maklik hanteer, behalwe vir ‘n paar keer se val dat my velle waai,” vertel Vonnie. Hy het die bokkie na sy vriend, Norman Kemm in Franskraal gebring, waar hulle eers die bokkie, wat hulle aanvanklik as ‘n duikertjie geïdentifiseer het, in Norman se toegeboude agterplaas vrygelaat het om van die skok te herstel. “Ons het besluit om die bokkie later die aand in die donker vry te laat, aangesien ons naby ‘n bebosde gebied woon,” het Norman gesê. Lees hieronder dat Hennie Otto, asook Sean Privett, die bokkie as ‘n grysbokkie geïdentifiseer het. Die tweede bokkie-verhaal gaan oor ‘n bokkie wat duidelik van seewater hou. Danie en Minette Maree van De Kelders het onlangs so ±10:15 saam met familie seelangs gestap en tussen Skulpies- en Stanfordsbaai gewaar hulle toe ‘n bokkie tussen die rotse in die seewater. Bok-se-kind was egter nie in die moeilikheid nie. “Die bokkie, wat ek as ‘n bosbokrammetjie geïdentifiseer het, het in ‘n skeur by die rotse inbeweeg,” vertel Danie. “Dit het nogal gelyk asof hy die seewater geniet het en hy was beslis nie in gevaar nie.” Daar kon rustig ‘n paar foto’s van die bosbokkie tussen die rotse geneem word, voordat hy weer na groener weivelde koers gekry het.

“Ons het al bokkies in die verlede in De Kelders se omgewing gesien, maar nog nooit op of tussen die rotse teenaan die see nie,” vertel Danie. Hy sê volgens internetinligting is die gemiddelde massa van hierdie bokkies 70kg met ‘n hoogte van sowat 90cm en ‘n moontlike lewensduur van 9 jaar. Foto’s van altwee die bokkies is aan Hennie Otto (Dyer Island Conservation Trust) en Sean Privett (Grootbos Private Nature Reserve) gestuur en altwee het die eerste bokkie as ‘n grysbokkie geïdentifiseer en die tweede bokkie as ‘n bosbokrammetjie. ‘n Goeie bewys van werklike omgee, was die optrede van Glaudina en Fanie van der Westhuizen van Morkel 30, De Kelders. Glaudina het Gansbaai Courant baie verontwaardig geskakel. “Iemand moes ons bokkie gevang en geslag het, want sy velletjie lê in die oop erf onderkant ons,” het sy ontsteld gesê.

By nadere ondersoek het dit geblyk dat dit toe nie De Kelders “se bokkie” se velletjie is nie, maar ‘n inwoner wat sy motorhuis skoongemaak het en rommel saam met ‘n baie ou en verweerde bokvel daar gestort het. Die valsalarm maak nie saak nie, wat saak maak is die omgee oor die natuur en die bewaring daarvan waarop Claudina ingestel is.

Hardus Botha

Wildsbokkies-verhale

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles