Wildsbokkies-verhale

Wildsbokkies-verhale

Gansbaai Courant

“My bedoeling was ‘n rustige hengeldag by die sloep naby Danger Point, maar om ±07:00 die Woensdagoggend vang ek toe ‘n wildsbokkie in die see,” vertel Vonnie Le Roux van Reebokstraat, Franskraal. Vonnie het net begin gereed maak om sy lyne in te gooi, toe hy sien hoe ‘n hond die bokkie in die rigting van die see jaag. “Die bokkie het see-in gehardloop, met die hond kort agter hom,” vertel Vonnie. “Dit was ‘n ontstuimige see, maar die bokkie het beslis beter gevaar as die hond, aangesien die hond omgedraai het en ek hom verwilder het.”

Daarna is Vonnie agter die bokkie aan om hom te probeer uitbring. “Die bokkie was reeds swak en ek kon hom maklik hanteer, behalwe vir ‘n paar keer se val dat my velle waai,” vertel Vonnie. Hy het die bokkie na sy vriend, Norman Kemm in Franskraal gebring, waar hulle eers die bokkie, wat hulle aanvanklik as ‘n duikertjie geïdentifiseer het, in Norman se toegeboude agterplaas vrygelaat het om van die skok te herstel. “Ons het besluit om die bokkie later die aand in die donker vry te laat, aangesien ons naby ‘n bebosde gebied woon,” het Norman gesê. Lees hieronder dat Hennie Otto, asook Sean Privett, die bokkie as ‘n grysbokkie geïdentifiseer het. Die tweede bokkie-verhaal gaan oor ‘n bokkie wat duidelik van seewater hou. Danie en Minette Maree van De Kelders het onlangs so ±10:15 saam met familie seelangs gestap en tussen Skulpies- en Stanfordsbaai gewaar hulle toe ‘n bokkie tussen die rotse in die seewater. Bok-se-kind was egter nie in die moeilikheid nie. “Die bokkie, wat ek as ‘n bosbokrammetjie geïdentifiseer het, het in ‘n skeur by die rotse inbeweeg,” vertel Danie. “Dit het nogal gelyk asof hy die seewater geniet het en hy was beslis nie in gevaar nie.” Daar kon rustig ‘n paar foto’s van die bosbokkie tussen die rotse geneem word, voordat hy weer na groener weivelde koers gekry het.

“Ons het al bokkies in die verlede in De Kelders se omgewing gesien, maar nog nooit op of tussen die rotse teenaan die see nie,” vertel Danie. Hy sê volgens internetinligting is die gemiddelde massa van hierdie bokkies 70kg met ‘n hoogte van sowat 90cm en ‘n moontlike lewensduur van 9 jaar. Foto’s van altwee die bokkies is aan Hennie Otto (Dyer Island Conservation Trust) en Sean Privett (Grootbos Private Nature Reserve) gestuur en altwee het die eerste bokkie as ‘n grysbokkie geïdentifiseer en die tweede bokkie as ‘n bosbokrammetjie. ‘n Goeie bewys van werklike omgee, was die optrede van Glaudina en Fanie van der Westhuizen van Morkel 30, De Kelders. Glaudina het Gansbaai Courant baie verontwaardig geskakel. “Iemand moes ons bokkie gevang en geslag het, want sy velletjie lê in die oop erf onderkant ons,” het sy ontsteld gesê.

By nadere ondersoek het dit geblyk dat dit toe nie De Kelders “se bokkie” se velletjie is nie, maar ‘n inwoner wat sy motorhuis skoongemaak het en rommel saam met ‘n baie ou en verweerde bokvel daar gestort het. Die valsalarm maak nie saak nie, wat saak maak is die omgee oor die natuur en die bewaring daarvan waarop Claudina ingestel is.

Hardus Botha

Wildsbokkies-verhale

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles