RESENSIE Groente van tuin tot tafel

RESENSIE Groente van tuin tot tafel

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

OUTEUR: Wynand Boshoff
ISBN: 978 0 7993 6844 4
PRYS: R150,00

Versamel rommel, kweek kos! Op 31 Maart 2016 het ’n aantal mense van Atlantis ’n kostuin gebou wat vir 15 jaar lank vrugbaar sal wees en dit het nie ’n sent gekos nie. Wynand Boshoff het voorgevat met die graaf, met die optel van rommel en versamel van indringerplante se blare; dit alles om gestremde mense van kos te voorsien. Klik hierdie skakel vir talle foto’s en ’n beskrywing van die tuinmaakproses:

http://blogs.litnet.co.za/devries/2016/04/04/kry-kos-uit-die-rommel/

Wynand Boshoff is ’n aktivis. Hy glo in stedelike landbou – en meer nog, hy glo dit is tyd om mense weer te leer hoe om hulle eie kos te kweek sonder om jou sak te skud en duur te betaal daarvoor.

Wynand het ingestem om opleiding te verskaf aan ’n Gideonsbende in Atlantis wat almal wil deel wees van ’n opbouprojek. Atlantis is brandarm en werkloosheid is enorm. Toe LAPA by Wynand wou weet wat om te koop vir die opleiding, was sy woorde: “Verkieslik niks.”

Die groepie het rommel opgetel, blare van die sypaadjies gaan opvee en indringerplante se takke gaan stroop. Uiteindelik is die tuin bedek met dekriet, ’n inheemse grassoort wat baie vinnig weer teruggroei ná dit geoes is.

In hierdie volkleurboek, Groente van tuin tot tafel, moedig Wynand enige een aan om dieselfde te doen. Versamel rommel, maak tuin uit dit wat ander weggooi en word deel van ’n stedelike landbourevolusie.

Jy hoef nie die siertuin te laat gaan nie. Baie mense kies ’n leefstyl wat ’n mooi versorgde tuin insluit. Goed so, antwoord Wynand, maar laat hy jou dan help om kos te kry uit jou pragtige tuin. Waarom nie bydra tot ’n stedelike landbourevolusie nie?

Groente van tuin tot tafel leer jou hoe om jou eie groente te kweek, of jy nou ryk of arm is.

Dit is ’n volkleurboek, pragtig uitgelê en propvol nuttige inligting oor verskeie aspekte van groenteverbouing, insluitend grondvrugbaarheid, bemesting, waterbehoeftes, wisselbou en plantmaats, asook natuurlike plaagbeheer. Die res van die boek gee wenke oor die opbou van ’n groentetuin wat jou leefstyl sal pas – of dit ’n formele groentetuin in ’n hoek van die erf is, of ’n geïntegreerde tuin sonder onderskeid tussen sierlike en nuttige plante hou.

RESENSIE Groente van tuin tot tafel

Lapa Uitgewers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles