Black Leaves se veggees met 2 punte beloon

Black Leaves se veggees met 2 punte beloon

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dit was nou ‘n baie ongelukkige uitslag teen Botrivier daar anderkant om met 29-26 te verloor.

Ten minste het dit darem ‘n drastiese verandering op die punteleer gebring. Black Leaves wat voor hierdie wedstryd die 9de posisie met 9 punte na 6 wedstryde beklee het, skuif nou na die 6de posisie uit 11 spanne, danksy verlore deur die agterste spanne en 3 spanne wat dieselfde totaal punte as Black Leaves gehad het. Ranger van Bredasdorp, een van die onderste spanne, besoek die Baai op Saterdag, 7 Mei.

Black Leaves het sommer gou ook die voortou met ‘n doel van 7-0 geniet toe hulle ‘n lopie wen al veldlangs agter ‘n los bal aan en Kristen Martin die bal toeval agter die doellyn, verdoel deur Brendan Dickson (Divvy). Kort daarna verbrou Divvy met ‘n strafskop pale toe om die sout nog dieper in te vryf. (Een van sy swakstes.) Botrivier veg verbete terug en behaal in die proses ‘n drie (7-5), net om kort daarna te bewys dat die tuisveld aan hulle behoort, is die tuisskare rasend toe hul span deur die Baai se verdediging bars om die voortou te neem met ‘n doel (12-7).

Botrivier begin die oorhand neem en draai die sluise van die riviere oop om maar net weer agter die doellyn te gaan kuier vir ‘n doel (19-7). Allan Tobias bring die halftyd telling op 19-12 te staan met ‘n manjifieke drie reg in die regterkantse hoekies van Botrivier. Jammer vir Brendan Natal (vleuel) wat die veld moes verlaat in die eerste helfte weens ‘n besering. Met die aanvang van die tweede helfte neem Botrivier die telling na 29-12. Dit was hier waar die Baai kliphard terug geveg het met nog 2 pragtige drieë deur Colin Sauls en Divvy (albei verdoel deur Divvy). Met nog genoemsame speeltyd oor kon die Baai net nie die knoop deurhaak nie weens ‘n paar ongedwonge foute en verkeerde opsies hier en daar, maar Botrivier was tjoepstil langs die veld. Ironies genoeg was Melvin Tobias (Staaldraad) as speler van sy span aangewys, andersins was dit welliswaar ‘n goeie spanpoging en die manne kan moedskep om Bredasdorp Saterdag ore aan te sit.

Miskien is dit die regte tyd dat die afrigters Gordon Cornelius sy skakelpaar moet “change” met Elrich Dunsdon (Pokkels) op No.9 en Divvy op No.10. Met ‘n bietjie meer gewig voorlangs kan dinge nog beter gaan en andersins vestig Elvino hom goed op slot en Black Leaves se los trio komponeer ook goed saam.

Black Leaves se C & B spanne duik ook weer in die hek en verloor ook hul wedstryde sonder om enige punt daaruit te verdien. Meer intensiteit word benodig vir Black Leaves se drie spanne om wedstryde binne en buite te gaan wen soos ander spanne. Bredasdorp Rangers kan hiervandaan die vertrekpunt wees. Sterkte Black Leaves.

So sê “Bra G”

Black Leaves se veggees met 2 punte beloon

So Sê Bra G

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles