Totsiens…Francois & Deonora de Jongh

Totsiens…Francois & Deonora de Jongh

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Courant het op 1 Mei vanjaar, ná 17 jaar, van eienaar verwissel. Die stigters van die Courant, Francois en Deonora de Jongh, lê nou die tuig neer en is opgewonde dat die nuwe eienaar/uitgewer, Marinda van der Walt, die regte persoon is om die Courant-tradisie van gemeenskapsdiens voort te sit. Met Hardus Botha as redakteur (om haar by te staan) en ‘n ervare redaksiespan in Monica Hayes en Samantha Otto, sal dit net goed gaan.

“Die mondstuk van die Strandveld” wat in dié tyd oor die wel en weë van die gemeenskap berig het, is nou ‘n gevestigde gemeenskapskoerant. Ons wil graag hiermee ons dank en waardering teenoor die gemeenskap, wat ons oor die jare heen so getrou ondersteun en onderskraag het, uitspreek. Mag dit in die toekoms net goed gaan met ons dorp en sy mense, waarvan ons steeds deel sal wees. Hiermee lê ek dan nou my nuuspen neer en neem my letterkunde-pen op om die laaste bietjie ink, wat nog vir my vergun mag word, uit te skryf.

Francois de Jongh

Redaksionele kommentaar:

Hiermee die redaksiespan, Hardus Botha, Monica Hayes en Samantha Otto, se woordjie van afskeid aan Francois en Deonora de Jongh as die span se getroue werkgewers oor etlike jare heen. Hetsy onder “ongure of gure weersomstandighede” in Gansbaai Courant se kantoor, is die span met dankbaarheid gevul oor werksgeleenthede te midde van aangename werksomstandighede, goeie begrip en ondersteuning waar en wanneer dit nodig was. Alleen die aller beste omstandighede, gepaardgaande met goeie gesondheid, word julle toegebid. Ons vertrou dat julle vele aftree-planne onder die seënende hand van ons Hemelse Vader sal realiseer. Geniet julle aftrede, julle kinders en julle kleinkinders terdeë. Die redaksiespan groet julle met net die beste wense vir die toekoms!

In dieselfde asem, ‘n voorlopige en hartlike welkom aan Gansbaai Courant se nuwe eienaar en uitgewer, Marinda van der Walt. Lees meer in die volgende uitgawe oor hierdie Vrystater wat vasbeslote is om hier in Gansbaai, Wes-Kaap dieselfde gemeenskapsdiens as haar voorgangers deur middel van Gansbaai Courant voort te sit. 

Hardus Botha: Redakteur 

Totsiens…Francois & Deonora de Jongh

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles