Doen iets goed - hier is jou kans

Doen iets goed - hier is jou kans

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Pragtige inisiatief van Share besorg nou welwillendheidsgeleenthede aan besighede en weldoeners in Gansbaai. “Het u al beraadslaag om iets goeds vir die gemeenskap van Gansbaai te doen, maar nog nie sover gekom om dit te doen nie?”, is Share se vraag en dan vertel die Bestuur dat hier nou ‘n unieke geleentheid daarvoor is:

“Koop ‘n ‘Share - boekie’ met 10 kaartjies by ‘Share’ se perswinkel in Gansbaai, op die hoeke van Hoof- en Skuinsstraat. Elke kaartjie verteenwoordig R5.00 wat aan die draer van daardie kaartjie ‘n koppie sop en 4 snye brood gaan voorsien gedurende die koue wintermaande.

U kan aan die draer van die kaartjie ‘n klein werkie gee, soos byvoorbeeld ‘n sakkie rommel optel, of tuinwerkies, of iets wat u goeddink, en wat redelik is om te laat doen, in ruil vir die kaartjie. Andersins kan u net aan ‘n kind, ‘n ouer persoon en/of volwassene op straat, wie sorgbehoewend is, die kaartjie oorhandig.

So doen u ‘n deel om Gansbaai se gemeenskap te help versorg. Die fondse help dan weer vir ‘Share’ om die sopgroente en brood te bekom, en so sit ons ‘n bal aan die rol vir behoeftiges gedurende die wintermaande, en ons doen elkeen ons deel. Terselfdertyd lewer ons ‘n groot bydrae om dwelm- en drankgelde te verhoed, aangesien die kaartjies net vir sop en brood verruil kan word.”   

Die sop en brood sal vanaf Maandae tot Vrydae, daagliks vanaf 13:00, by ‘Share’ aan die draer van elke kaartjie oorhandig word. Gaan loer ook gerus in vir vele handige items in die perswinkeltjie. Share staan vir: S - Social; H - Health; A - Animals; R - Rehabilitation & Restoration; E- Education (ECD).

Verdere navrae rakende hierdie kosbare geleentheid om ‘n deeltjie te doen deur ‘n boekie met kaartjies te koop, kan aan Rachel Engelbrecht by 076-439-8965 gerig word.

Hardus Botha

Doen iets goed - hier is jou kans

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles