Teresa Maree van AVBOB het ‘n pragtige skildery wat sy geskilder het, aan die TABITA Senior Burgers Komitee van Gansbaai AGS geskenk wat vir ‘n fondsinsamelingsprojek uitgeloot kon word. Die skildery is deur Maxi Fourie (regs) van Krugersdorp gewen.
Die komiteelede bedank graag vir Teresa vir die skildery, asook almal wat hulle ondersteun het en lootjies gekoop het.