Dans van die Pikkewyne

Dans van die Pikkewyne

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Dans van die Pikkewyne” klink dalk na ‘n riller-storieboek. Eintlik was dit maar net die maandeindfunksie van die Birkenhead Boothengelklub - met almal wat swart en wit moes aantrek en die saalmure en tafels, asook die toegangskaartjies, wat met ‘n pragtige Afrika Pikkewyn-tema versier is.

“Vanaand is nie ‘n fondsinsamelingsaand ten bate van die Afrika Pikkewyn nie,” het voorsitter Philip Fourie gesê. “Dit gaan vir ons as klub oor ons ondersteuning van seevoëls en pikkewyne en verwante bewaringsprojekte en net vrywillige donasies word gevra.” Hy het na die pikkewynfigure teen die muur gewys en gemeld die drie stelle van groot na klein is ‘n heenwys na die kommerwekkende vermindering van pikkewyngetalle.

Dit was klublede Steve en Margi Muller se beurt om die funksie te reël. Margi het R5 vir elke kaartjie (60) wat verkoop is ter ondersteuning van pikkewynprojekte geborg, met Philip wat dieselfde gedoen het. Daarna het heelparty gaste by hulle aangesluit en die uiteinde is dat die Birkenhead Boothengelklub ‘n R1,000-steen by die African Penguine & Seabird Sanctionary (APSS) kan koop. Die bedrag van R1,303.00 is reeds deur Margi by die APSS inbetaal vir die “baksteen” (bordjie) wat bestel moet word. Die twee bottels wyn is met die gebruiklike geluktrekkings deur Lynette Jones en Elma Stofberg gewen. Die ete, bestaande uit vis & skyfies, ‘n uitstekende “butternut”-slaai en ‘n nagereg, asook ‘n broodtafel, is terdeë geniet. Jan Lourens het die voete met sy Musiekfabriek laat jeuk en al wat ‘n “pikkewyn” was, was op die dansvloer.  

Die Birkenhead Boothengelklub se volgende boothengel-kompetisie is vir Saterdag, 4 Junie 2016 geskeduleer, met die aandfunksie dieselfde aand. Vir funksie-navrae kan Philip Fourie by 082-747-3634 geskakel word en vir kompetisie-navrae Jean Downing by 076-840-3393.

Hardus Botha

Dans van die Pikkewyne

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles