GANSBAAI 'n Besonderse streek en sy mense

GANSBAAI 'n Besonderse streek en sy mense

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Gansbaai se ontstaansgeskiedenis is onlosmaaklik deel van sy hartklop - die visbedryf: die gawe van die see wat die pioniersvissers geklee, gevoed en vooruit laat beur het.

In dié boek is die storie van die visbedryf in die stemme van die mense vasgevang, praat die verlede deur die nageslag en hoor jy die ryk vissermanstaal in die staaltjies van gister tot vandag.” - (SD Fourie).

“Iemand het eendag gesê ‘n geskiedskrywer is ‘n profeet wat agteruit kyk,” het Pieter Scholtz (Voorsitter: Gedenkbundel Komitee), tydens die bekendstelling van die langverwagte boek gesê.

Hierdie boek, Gansbaai…’n besonderse streek en sy mense (skrywers: Jan en SD Fourie), is die verwesentliking van menige Gansbaaier se droom en is op Vrydagaand, 6 Mei 2016 tydens ‘n prestige funksie in die Birkenhead Boothengelklub se saal bekendgestel. Mnr Francois (Kat) Myburgh, Area-bestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Admini-strasie, het as seremoniemeester opgetree en ook die verwelkoming behartig. In haar spreekbeurt het SD Fourie, medeskrywer saam met haar eggenoot, Jan, onder andere na Jan se jarelange “plakboek” verwys, met uitknipsels en foto’s oor en van Gansbaai ter illustrasie van sy jarelange passie vir dít wat nou met die finalisering van die boek gerealiseer het.

Die voorsitter van die Gedenkkomitee, Pieter Scholtz, het na die boek as ‘n “juweel in woorde” verwys. Raadsdame Nicolette Botha-Guthrie, Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, het gesê sy beskou dit as ‘n besonderse voorreg om haar gelukwense aan die skrywers, komiteelede en ander betrokkenes oor te dra, waarna sy ‘n heildronk op die boek ingestel het. Komiteelid Philip Fourie het die baie lang lys van bedankings behartig, waarna boeke aan etlike persone oorhandig is.

Hierdie kosbare kleinnood is teen R300 per eksemplaar by Gansbaai Toerisme, Gansbaai Superspar en Gansbaai OK Foods te koop.

Hardus Botha

GANSBAAI 'n Besonderse streek en sy mense

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles